1 Steek elektriese drade weg
2 Maak doilie-bakkies
3 Hang jou toppies saam
Hierdie wenk het my lewe verander. Kry hakkies (dit hoef nie hierdie ronde hakkies te wees nie), en maak dit aan ’n hanger vas. Dit spaar baie pakplek in jou kas en jy kan dadelik sien waar is die toppie wat jy soek.
4 Pennetjie-bord vir juwele
Hierdie bord is nie net vir die motorhuis bedoel nie. Sny of koop die bord in die grote wat jy benodig. Verf dit om by jou kleurskema te pas en hang dit teen die muur. Gebruik hakkies om die juwele op te hang. Die lekkerste deel van hierdie bord is jy kan enige tyd die hakkies skuif om vir verskillende lengtes juwele plek te maak. Vir ekstra mooiheid sit ’n mooi raam om die bord.
5 Verf jou slotte en sleutels met naelpolitoer
Koördineer jou sleutels deur elke een ’n ander kleur te verf. Naelpolitoer werk vinnig en maklik. Maak ’n kol van dieselfde kleur op die slot waarin die sleutel pas sodat jy nooit weer deur die hele bos sleutels hoef na te gaan nie.
6 Pouffe met ou truie
Om ’n kleurvolle pouffe te hê is hoogs in die mode. Maak jou eie deur die boonste deel van ’n ou trui af te sny en een punt toe te werk. Stop die trui met stopsel van jou keuse en werk die boonste kant toe. Ryg ’n dik garing deur van onder na bo om die punte nader aan mekaar te trek en versier met ’n knoop.
7 Hang rakke sonder om te boor
8 Maak ’n tou-mandjie
Dit is so eenvoudig om ’n mandjie vir jou huis te maak. Koop ’n dik tou (maak seker dit is lank genoeg), en werk dit stadig aanmekaar. Die enigste moeilike deel is om die tou reg op mekaar te plaas om te vorm te kry.
9 Knopie-boekmerke
Plak jou gunsteling knope aan die punt van papierspelde en gebruik as ’n boekmerk. So maklik soos dit!
10 T-hemp sak
Vir meer wenke kyk op ons Pinterest borde.