Omdat te veel sout ongesond is, moedig die staat ons deur Salt Watch en die Heart Foundation aan om minder sout te gebruik. Sout het in ons koppe dus ‘ongesond’ geraak. Dit is korrek en reg so, maar ’n subtiele skuif het terselfdertyd so te sê onbewustelik plaasgevind,naamlik dat ‘natuurlike’ sout soos ongejodeerde sout en seesout gesonder is as gewone gejodeerde sout.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Sout bestaan uit twee komponente: natrium en chloried. Wanneer sout gejodeer word, word ’n klein bietjie van ’n derde molekuul naamlik jodium bygevoeg. Die enigste skadelike komponent van sout is natrium. Die chloried en jodium doen jou liggaam nie skade nie Dus is gejodeerde sout en ongejodeerde sout ewe gesond. Of ewe ongesond, want sout opsigself is nie ongesond nie. Te véél daarvan is wel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die voorstaanders van ongejodeerde sout het tog op ’n aweregse manier ’n punt beet: wanneer sout gejodeer word, word bymiddels dikwels ook bygevoeg. Party van die duurder soute bevat bymiddels wat keer dat die sout klam raak en klonte maak, wat help dat die sout makliker uitloop. En dan is natuurlike sout eerder vuilwit. Party handelsmerke bleik hul sout, terwyl ander die sout wit kry deur dit deur ’n verdampingsproses te sit. Ál die bymiddels is egter goedgekeur en dus veilig vir jou gesondheid, maar as jy ’n puris is, kan dit jou pla. Die oplossing is om die etiket te lees: soek die handelsmerke wat gejodeer is en as bestanddeel nét sout lys.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Seewater is ryk aan jodium en daarom is sout wat uit die see gemyn word ‘natuurlik’ met jodium verryk. Die feit is dat hierdie sout baie min jodium bevat – en ook min van enige ander minerale. Aansprake dat dit gesonder is, is op skramse inligting gebaseer.
Party mense glo dat swartsout, fleur de sel, Kalaharisout, algsout en organiese sout elkeen sy eie kenmerkende smaak bevat. Is dit egter veilige plaasvervangers vir sout? Sout is sout. Eksotiese soute is nie beter of gesonder nie. Dit is net duurder. Hierdie soute is egter nie gesonder as gewone gejodeerde sout nie. Alle sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, en uiteindelik aan hartkwale en beroerte. Méér Suid-Afrikaners sterf hieraan as aan alle soorte kankers saam.
Al wat belangrik is is dat jy:
• ’n gejodeerde handelsmerk kies en
• min daarvan gebruik.
Lees ook:
10 kosse wat die meeste sout bevat – Klik hier
Slim maniere om minder sout te gebruik – Klik hier
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.