Cape Town EMBRACE nooi vroue uit om op Sondag, 14 Mei 2017 nuwe ma’s in staatshospitale te besoek en die vroedvroue-obstetriese eenhede te ondersteun. Hulle het ’n handige gids wat vroue leiding gee in die proses.
Vanjaar moedig hulle deelnemende vroue aan om ’n kinderstorieboekie saam te neem om aan die nuwe mamaa te gee.
Besoek embrace.org.za vir meer inligting of kyk op hul Facebook-blad hoe jy betrokke kan raak.