Dis Avon Justine iThemba se vyfde jaarlikse Vrouedag, ’n geldinsamelingsgeleentheid ten bate van Look Good … Feel Better, ’n organisasie wat op ’n praktiese wyse kankerlyers ondersteun. Tydens verlede jaar se funksie is nagenoeg R150 000 ingesamel!
Koop jou kaartjie en neem deel aan die veiling wat op die dag van die geselligheid aangebied word. By ’n iThemba-stalletjie kan jy spesiale pienk produkte koop, onder meer oorbelle en ’n juweleboksie wat iThemba sal help om met hul werk voort te gaan.