kategorieë: WenkeMode

Hou jou onderklere in ’n goeie kondisie

Mede-eienaars van Treasure Chest, Karley Parish en Shelley Smyth, gee die volgende raad

• Maak seker dat jy altyd vyf bra’s in jou klerekas het, so kan jy dit om die beurt dra. As jy jou bra drie tot vier keer gedra het, moet dit gewas word. Maak seker jou sportbra’s word na elke gebruik gewas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Bra’s wat met draad gevoer is (asook delikate broekies), moet met die hand gewas word. Wasmasjiene sal die materiaal laat inkrimp en beskadig, veral borduursel en lycra-items.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Deur gebruik te maak van louwarm of koel water en sagte alkoholvrye wasmiddels, sal jy die elastisiteit van jou onderklere se materiaal beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Onderklere moet nooit in ’n droeër geplaas word nie. Die hitte sal die vesels en elastisiteit van die materiaal beskadig en die kleur laat verbleik. Laat dit aan ’n hanger droog word aan jou wasgoedlyn, weg van direkte sonlig en hitte.

• Maak seker jou onderklere-laai is netjies georganiseer. Gebruik skoenbokse (oorgetrek met mooi papier), om jou bra’s van jou broekies te skei. Dit is goedkoop en effektief. Groepeer jou onderklere volgens kleur en styl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Om te verseker dat jou bra’s nie vorm verloor nie, hang dit aan gordelhakke of hangers. Alternatiewelik kan jy dit plat in die laai neerlê.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.