kategorieë: Bekendes

Ons gesels met ’n elektriese tjello-speler

“Ek het die Borrel-konsep deur een van my beste vriende, harpspeler Shelley Frost van The Fridge in Dubai leer ken. Sy het hierdie wonderlike idee uitgedink. Sy het die magiese ruimte vir die elektriese harp ontwerp en dit was ’n onmiddellike sukses. Ek en Shelley deel ’n passie om kuns en musiek te verenig met grondverskuiwende konsepte en ek was dadelik opgewonde oor hierdie briljante konsep.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Carol sê Shelley is haar internasionale sakevennoot met die konsep The Bubble en hul langtermyn-doelwit is om dit na lande regoor die wêreld te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Gelukkig is ek getroud met ’n argitek en hy het die ontwerp verder in Suid-Afrika ontwikkel sodat ek dit hier kan aanbied. Ons het sy nuwe ontwerp teruggestuur Dubai toe. Dit is ook na Europa.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy sê gehore was dadelik in vervoering met die konsep.

“Ek dink dit is belangrik om gehore voortdurend met nuwe en opwindende konsepte te verras en hierdie kombinasie van argitektuur en musiek is so pragtig en is baie goed ontvang. The Bubble het nou gegroei van eers net ek en my tjello in die borrel tot die toevoeging van ander kunstenaars soos Judy Brown en Cathy Del My op Saksofoon, of Galina Juritz en Renate Riedemann op viool.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle is beslis van plan om die konsep nog verder uit te brei.

“Ek hou daarvan om in die borrel op te tree want dit neem my uitvoering na ’n nuwe vlak. Dit pas by my album, Fireflies in the Rain. Dit voeg magiese elemente by en ’n dromerige, sielvolle repertoire en komplimenteer my musiek. Ek geniet dit ook om in my eie ruimte in die borrel op te tree. Dit is baie anders as om op die verhoog te wees want dit is intiem. Ek dink ek het van my heel beste vertonings in die borrel gedoen.”

Die kombinasie van lig en musiek het ’n ongelooflike impak op die gehoor, vertel sy.

“Mense haal selfone uit om die oomblik vas te vang. Dit is moeilik om te beskryf, maar as jy dit eers ervaar het, sal jy verstaan. Dit is ’n baie spesiale en onvergeetlike opvoering.”

As sy in die borrel is, hoor sy geen geluide van buite nie.

“Ek is afgesny van die buitewêreld. Die beligting veroorsaak ook dat ek dikwels nie kan sien wat buite die borrel aangaan nie. Ek is heeltemal alleen met my tjello.”

Sy gebruik binne-oorse monitors en die elektriese tjello stuur die klank na ’n klankstelsel buitekant die borrel.

“Dit was ’n uitdaging toe ek die eerste keer in die borrel opgetree het, maar nou is ek gewoond daaraan. Dit is nie beknop nie en is 3.2 meter hoog en wyd genoeg om in op te tree.”

Sy skryf die aanvraag na haar vertonings toe aan haar onberispelike repertoire en perfekte aanbieding in die borrel.

Sy was die afgelope ruk gefokus op opnames met haar orkes, CODA-Afrika, maar wil graag nog ’n solo tjello album met nuwe tegnieke die lig laat sien.

“Ek het sedert my debuut album geleer om met verskillende effekte te eksperimenteer. Ek hou van die idee om die tjello na nuwe plekke te neem. Dit is nie ’n algemene instrument nie en ek wil aan verskillende gehore wys watter pragtige instrument dit is”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

33 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

46 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.