kategorieë: WenkeMode

Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode

Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met mode  deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is nou belangriker as ooit om te besef dat die ouderdom nie gevrees moet word nie, maar eerder gevier moet word deur middel van ’n selfontdekkingsreis.

Mode is een van die beste maniere om jou ouderdom, gemoed en persoonlikheid uit te beeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons wys vir jou vier ikone wat jou sal inspireer oor hoe om jou persoonlikheid op enige ouderdom uit te druk.

1. Professor Lyn Slater

Professor Lyn Slater het buite die Lincoln-sentrum vir haar vriendin gewag toe twee Japanse fotograwe haar begin afneem.

Hierdie 69-jarige professor aan die Universiteit van Fordham is tydens modeweek misgis as ’n mode-ster en het sedert hierdie insident ’n bekende modemodel geword.

Die professor se akademiese werk berus by onderwerpe soos kindermishandeling en familiegeweld, maar sedert haar mode-bekendheid, het sy ’n blog begin waarop sy haar belangstelling in mode kan uitleef.

Die blog, Accidental Icon, beklemtoon dat mode en skoonheid in alle vorms en ouderdomme voorkom. Sy wil ouer word na pret laat lyk.

Sy is reeds vir verskeie bekende handelsname soos Mango en Valentino gekiek. Sy glo in klere wat haar gemoed en emosie weerspieël en dit wissel elke dag, dus kan haar klere nie as ’n enkele styl uitgesonder word nie. Sy noem dit “enclothed cognition”.

2. Maye Musk

Die kans is goed dat jy al van die bekende entrepreneur, Elon Musk, gehoor het, maar het jy geweet dat sy ma ’n bekende mode-ikoon is?

Maye Musk se modeloopbaan het reeds begin toe sy 15 jaar oud was. Voor sy na Kanada geïmigreer het, was sy ook ’n Mej. Suid-Afrika-finalis.

Haar werk as ’n ouer model vang egter meer die kollig waar sy selfs deelneem aan (semi) naakte-veldtogte en fotosessies vir skoonheidsbewustheid.

3. Debora Chambers

Debora maak dit baie duidelik dat sy vroue wil inspireer om ’n vol, aktiewe en stylvolle lewe te leef.

Volgens haar word oud word nie op dieselfde manier deur die samelewing “aanvaar” as dit by vroue kom nie, maar sy is haar gelukkigste met elke jaar wat sy ouer word.

Sy is ’n sterk aanhanger van die term “pro-ageing” teenoor “anti-ageing” aangesien sy geen negatiewe konnotasies aan oud word wil heg nie.

Met haar blog en sosiale media betrek sy meestal ouer vroue wat haar vir raad vra oor hoe om die ouderdom te omhels en die meeste van haar navrae het betrekking op styl en kleredrag.

Sy glo deurdat sy self ’n voorbeeld vir vroue te stel oor hoeveel pret dit is om met selfuitdrukking te eksperimenteer soos jy ouer word, sal dit vroue se selfvertroue laat groei.

4. Jackie Burger

Jackie Burger is baie bekend in die plaaslike mode-industrie.

Sy is ’n voormalige handelsmerkbestuurder, moderedakteur en handelsmerkkonsultant.

Sy beskryf haar styl as ’n liefdesreis. Om die kledingstukke wat sy ontdek as deel van haar persoonlike styluitdrukking lief te hê en dit altyd met selfvertroue en toewyding aan te trek.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.