Om vorentoe of agtertoe te kyk

Om vorentoe of agtertoe te kyk deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is nie die soort mens wat heeltyd agtertoe kyk nie. Die verlede is belangrik en gevul met ervaring waaruit ons kan leer, maar die toekoms word bepaal deur wat ons vandag doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het meer dae wat agter my lê as dae wat voor my uitstrek. Waarom sou ek dus tyd mors deur agtertoe te kyk?

Vorentoe: Wat is daar wat vir my voorlê? Wat sal ek maak met wat nou tot my beskikking is? Hoe sal ek elke dag aanpak? Hoe sal ek daarvoor dankie sê? Hoe sal ek lag en ligtheid uitstraal?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret – “my jaar in oënskou”

Augustus was my verjaarsdagmaand.

Om sestig te word is dieselfde soort verjaarsdag soos om 25 te word. Vir sommige mense ‘n soort waterskeidings-oomblik.

Vir my is verjaarsdae nie so belangrik nie. Ek sien hulle nie as deurslaggewend nie. Ek vier hulle ook nie. Dis maar net nog ‘n dag.

Lees ook: Ons het almal ’n helpende hand nodig

My vriende en familie vind dit nogal vreemd. Gewoonlik is daar ook druk op my om ‘n viering te reël. Vriende wil bymekaar kom vir middagete of aandete. Ek hou wel van gelukwense. Positiwiteit.

Robert Downey Jnr som dit vir my op. In plaas van blomme op ’n spesiale geleentheid, wat daarvan as jy eerder elke dag jou liefde wys?

Dis ‘n gedagte wat my trek.

Wees gaaf, wees vrygewig. Vier dit wat positief is. Kyk uit vir wat mooi is.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Verwagtinge

om vorentoe of agtertoe te kyk

Moenie jou bekommer oor hoe jy lyk nie, vind eerder die skoonheid in die oomblik en leef dit uit.

Dit gaan nie daaroor dat ek skaam is vir my ouderdom nie.

Ek basuin dit uit. Iemand op facebook het opgemerk dat ek soos ‘n 25-jarige wil lyk. Beslis nie. Dis eerstens so ver verwyderd van waar ek nou is dat ek dit nie eens kan onthou nie. Ek was in Washington. Ek het gedink dat dit die einde was van iets. Al wat ek eintlik daarvan kan onthou is die glimlagte en die gelag.

Lees ook: Die dinge wat mense soms kwytraak …

Dis wat my rigting vandag nog bepaal. Dis wat konstant is. As ek terugkyk besef ek dat daar soveel dinge was wat my toe uitmekaar geskeur het, wat ek eintlik as bepalend kon gesien het, en wat my lewe sou kon rig.

Mandela het gesê: Moenie my op my suksesse beoordeel nie. Beoordeel my op grond van hoeveel keer ek geval het en weer opgestaan het.

As ek my lewe in oënskou neem sou ek nogal kon sê ek hét opgestaan en weer probeer.

Ek het dikwels gefaal. Ek het gefaal al het ek alles reg gedoen om sukses  te behaal. Soms het ek sukses behaal al het ek nie regtig veel ingesit nie.

Ek het in genade gewandel. God was goed vir my.

Die mure om my het my in trane op die vloer gelaat, stilweg, alleen.

Maar.

Met my gesig opgeswel van die trane het ek nog altyd weer my trane afgevee.

Op my tande gebyt.

En weer probeer.

Lees ook: Ons het almal “bad hair days

om vorentoe of agtertoe te kyk

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

7 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

23 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

24 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.