kategorieë: Blogs

Om te weet, en nie te weet nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nou kyk, mens moenie skaam wees om eerlik te wees nie. Glo ek. Sê wat jy dink as jy voel jy moet. Dus waag ek die kans. Ek ken jou nie, en jy ken my nie. Wat ek weet is: jy’s in 1965 gebore, dit maak jou ’n amperse vyftigplusser. Ses jaar ouer as ek. Ek hoef nie vir jou Oom te sê nie; ons bly min of meer op dieselfde plek, ons kinders is min of meer in dieselfde fases van hul lewe en albei van ons skryf vir rooi rose. En ek weet jou bestaan is ’n langpad-grondpad een waar rock en blues die ritme hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis wat ek weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat ek nie geweet het nie is dat jy eintlik ’n ander naam en van het; Pierre Nolte se prentjie lyk nie soos Valiant s’n nie. Pierre Nolte hoort in ’n pak en ’n das, Valiant Swart dra jeans, ’n ou trui en ’n hemp wat sukkel om binne te bly. Nes Marí Lategan – sy hoort in ’n swart suit met gemaklike, verkieslik  vierkantige hakke, Mamma Marí dra jeans, ’n tuisgebreide trui en tekkies.

Dis wat ek weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek weet ook dat ek nie hoef weg te steek dat ek jou en jou musiek eers later in my lewe leer ken het nie. Ek weet van Voëlvry, maar was ’n nerd wat nie genoeg my kop opgetel het nie. Ek ken Sonvanger woord vir woord – nie noodwendig omdat jy dit gesing het nie, maar omdat ander dit so luid kon  uitbasuin. Eers later besef dis jou breinkind. Late-bloomer, dis ek.

Dis wat ek weet.

Wat ek nie weet nie is hoe dinge vir my en jou oor die volgende paar jaar gaan lyk. Op ’n Maandagaand dié week lui jy en jou fenomenale band ’n nuwe fase van my lewe in – ek verkoop my besigheid en vandag word ek en my talentvolle span deel van Curro, die onafhanklike skolegroep wat amper net so oud is as wat ek getroud is. Jy weer, lees ek iewers, vat vandag die langpad – van Albertinia, Port Elizabeth, St. Francis, Oudtshoorn, Smithfield tot by Bloemfontein en dan terug Stellenbosch toe. Minstens weet jy darem al waar jy op watter dag gaan wees; ek sal moet sien.

Dis wat ons weet. En nie weet nie. Ons. Ek, en jy.

Op die eerste dag van ’n nuwe fase, weet ek jy weet: Hoe die pad ookal loop, die skoene moet jy dra. En ek sing jou song vir almal soos ek, omdat ek weet ek weet nie:

Al is jou spore vergete

Al is jou sole verslete

Al is die pad lank en swaar

Die skoene moet jy dra

Tot volgende week,

Marí

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 smullekker slaaie

Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer

1 hour Gelede

ONS KYK TERUG: Verlede jaar se naaswenners van ons ma-en dogter-kompetisie

Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf   Om ma en dogter op papier te wees is…

5 hours Gelede

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

23 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

24 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

1 day Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.