Daar’s min goed wat my hart so vinnig laat klop soos die vooruitsig van ’n vliegtuigkaartjie, ’n paspoort, ’n ander land se kos, mense, geluide en lug. Ek los die bekende maklik; trotseer graag reën, wind, koue, sneeu en storms. Want min kom by daardie voorreg om op ’n vliegtuig te klim en die wêreld uit ’n ander hoek te bekyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Om te kan reis. Jou kop word oopgeblaas, jou wêreld is skielik groter en jou hart bokspring tussen dankbaarheid vir dit wat jy het en die opwindende anonimiteit van die onbekende. Ek weet: na elke reis kom jy anders terug – nooit weer kyk, dink, proe of voel jy dieselfde nie. Nooit nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Drie dae. Londen toe. Twee van die drie dae leer ek by van die wêreld se voorstes oor hoe om die beste uit jou span te kry.
Ek sit verwonderd aan Gamaliël se voete, hang aan sy lippe.
Die derde dag? Die derde dag is myne. Net myne.
Londen is ’n bytend grys. Dis nie my eerste besoek nie. Tyd vir museums, Buckingham Paleis en Big Ben is daar nie. Want my veertigjarige hart hunker na my grootwordmense. Dié wat Suid-Afrika jare gelede vir Londen verruil het en nooit weer teruggekom het nie. Facebook nou ons enigste verbintenis. Maar ek soek meer, wil in hul oë kyk, self die stories hoor, die status-updates kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vriendin Karin is joernalis by een van die wêreld se voorste Sondagkoerante. Ons was sestien toe ons mekaar die laaste keer gesien het – en vandag, in ’n Londense koffiekroeg, is dit net meer as 26 jaar later. Haar kuiltjies steeds so diep soos op skool, haar lag net so aansteeklik. Soos gister tel ons die drade van ons verlede saam op. Maklik, moeiteloos. My voorstedelike bestaan anders as haar rockster-lewe saam met haar getatoëerde geliefde. Ons anders as destyds, en tog steeds so eenders.
Ek was agtien toe ek Hein die laaste keer gesien het. Een van die mooiste seuns in ons klas. Donker, misterieus, slim en sommer-net mooi. Ons spreek af: ontmoet by sy werkplek in Mayfair. Dis hier, tussen die welgesteldes en invloedrykes, waar hy een van Londen se voorste restaurante bestuur. Ek wag uit-my-plek by die kroeg, dankbaar vir die swart langbroek en hakstewels. Sy hande skielik op my skouers. Ons praat, maar weet woordeloos die aand is te kort vir alles wat gesê moet word. Hopeloos te kort.
Oud-kollega-vriendin Rosalinda kuier later saam. Vertel van ‘n nuwe liefde en lag luid oor mislukte internet-afsprake in die vreemde. Beklemtoon: dis nie so maklik en glansryk soos dit lyk nie. Die wêreld hier eis ook maar sy tol.
Ek groet en huil daardie aand dat ek snik. Drie dae. Londen. En ek gaan huis toe met soveel meer as poskaartprentjies in my kop. My grootwordmense is ok. Baie ok.
En ek? Nooit weer kyk, dink, proe of voel ek dieselfde nie. Nooit nie.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.