Om ’n vakansie te beplan verg nie té veel inspanning nie. ’n Besoek aan die plaaslike reisagentskap, ’n paar neongeel stik-it notas in die nuutste Lonely Planet en ’n móét-sien-lysie later, en jy is so te sê reg om te vertrek. Maar om vir ’n geruime (soms onbepaalde) tyd die vreemde in te vaar, is bepaald ’n ander storie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jou kop moet reg ingestel wees. Jou sak – slim gepak. Idilliese idees oor eksotiese lande en fassinerende mede-reisigers wat jy om elke hoek en draai gaan ontmoet, word vir eers opsy geskuif. Daar moet plek gemaak word tussen jou ore vir vinnig en prakties dink. Jy word opnuut gedwing om volle verantwoordelikheid vir jou besluite te aanvaar. Daar is niemand om te blameer as jy jouself sielsongelukkig, verlore of onbekwaam bevind nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jy wonder telkemale of jy die regte besluit geneem het. Kyk jy oor jou skouer, is alles bekend. Jou land, jou mense. Hulle wat jou aanvaar en onvoorwaardelik liefhet, maak nie saak wát nie. ’n Plek waar jy vir ewig sal hoort. Dié land van jou wat so ongelooflik divers en snak-na-jou-asem mooi is. Die idee van ’n beroep en standvastigheid fluister tergend in jou oor: draai terug, draai om!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die vulkaan Bromo in Indonesië
Kyk jy vorentoe, is dit die onbekende waarna jy al so lank hunker. ’n Splinternuwe kontinent, geheimsinnige lande, mense wat die wêreld vanuit ander oë beskou, vreemde tale en eksentrieke disse. Plekke op aarde waar vulkane ontplof en apies in natuurlike sauna’s bad. Lande waar geweld ’n rare gebeurtenis is, maar waar tifone en aardbewings seisoenaal heers. Anderkant die water of “oorsee”, soos ons Afrikaners sê, lewe mense anders, glo hulle anders. In jou geestesoog sien jy jou oorlede oupa se aardbol op sy brons pootjie glinster, en jy besef skielik jou wêreldjie het te klein geword. Dis tyd…
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Twee jaar later kyk ek terug, en kan byna nie glo dat ek ooit getwyfel het nie. Sommige mense noem dit “woon-en-werk-oorsee”. Ek verkies die term “slakkepas-toeris”. Om jouself genoeg tyd in ’n land te gun om werklik die mense en hul manier van dinge doen soveel as moontlik te begryp. Op watter beter manier kan ’n reisiger ’n nuwe land ervaar as om met die inwoners vriende te word, om ’n salaris daar te verdien en tydelik ’n lewe daar te probeer maak?
Die besluit om Engels in Korea te onderrig, het meer deure oopgemaak as waarvan ek ooit sou kon droom. Tussen kontrakte deur, is dit moontlik om maande lank te reis na ander lande in Asië wat nou slegs ’n klipgooi ver is.
Die tempel Guinsa in Korea
Thailand, Kambodja, Maleisië, Laos, Vietnam, Indonesië, die Filippyne, China, Japan. Sommige reeds besoek, sommige moes ek nooit verlaat het nie en ander nog op my emmerskop-lysie. Die sogenaamde “reisgogga wat byt”, waarna mense so dikwels verwys, se simptome vererger net hoe meer plekke mens besoek. Hoe verder jy reis, hoe vinniger kom jy agter dat jy eintlik baie minder weet as wat jy gedink het, en hoe meer neem jou nuuskierigheid toe. Nie lank daarna nie bevind jy jouself weer terug by Oupa se aardbol.
Ek reis graag na plekkies waarheen vriende en kennisse nog nie was nie. Op dié manier kan ek my eie opinie vorm oor ’n plek sonder vooropgestelde idees. Of dit nou ’n eenvoudige uitstappie is soos ’n besoek aan ’n versteekte tempeltjie in ’n Koreaanse vallei, of iets meer opwindend soos wilde oerangoetangs soek in Borneo se reënwoude – die idee is om te léwe, en te ontdek. Lewenservaring vereis nie ’n graad nie – dis ’n nimmereindigende persoonlike kursus waarvan jy permanent ’n student is.
’n Paar maande gelede bevind ek myself tussen tweeduisendjaar-oue rysterrasse in die Filippyne. So iewers tussen die groen ryslappies en styl trappies kom ek ’n uitasemde vyf-en-sewentig-jarige Australiese man teë.
“Ek moes”, sê hy, “hierdie uitstappie eintlik dertig jaar terug kom doen het. Miskien kon ek dit dan tot heel bo maak. Maar…dit bly steeds mooi”.
Die wêreld is te groot en kontinente te ver uit mekaar verwyder om alles in een lewe te probeer sien, dink ek by myself. Maar steeds, goed gedoen, Omie! Ek is die grootste aanhanger van mense wat op hul oudag nuwe avonture wil aanpak.
Maar dié moet ek moet tog erken: toe ek bo kom, is ek innig dankbaar dat ek nog die vermoë het om mý foto van die heel boonste trappie af te kan neem.
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Bestanddele 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder. sout…
Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit…
Van speelskool na grootskool: 5 wenke deur Mariette Snyman. Foto Pixabay Om by die…
Met die strandseisoen op ons, kyk ons na die moets en moenies om te verseker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.