Ek en my begin-van-jaar-rituele. Met die vakansieklere terug in die kas is skooltasse en –klere gewoonlik die eerste prioriteit. Dan pak ek die medisynekas – pille, salf en stroop met verdagte vervaldatums word keurig uitgesoek; ek (of manlief) ry apteek toe en oorhandig die weggooi-spulletjie aan ’n somtyds-gewillige apteker. “Gooi weg, asseblief. Netnou land dit in verkeerde hande.” Ek draai my kop en fladder my oë. Manlief frons diep. Dít werk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dan pak ek my juwele – my dertien jaar-oue trouring word ingegee vir ’n skoonmaak. Daar’s iets diep sielkundig (dink ek) aan ’n blink trouring; ’n skitterblink steen, die krappies, skrapies en stampe uitgepoets, reg vir die eise van ’n nuwe jaar. Kostuumjuwele is volgende: keurig gerangskik – koeke ontknoop, stukkendes weggegooi of reggemaak, kleure en lengtes netjies bymekaar vir vroegoggend-raakvat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Genadeloos blaai ek deur my klerekas. Alles wat die afgelope jaar nie gedra is nie moet uit. Ek ry Woollies toe en koop twee nuwe swart langbroeke en ‘n week se nuwe onderklere.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }So ja.
Ek kan fokus. En aantrek. Die basics is in plek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die afsprake is volgende – datums vir die gesin se jaarlikse besoeke aan die mondhigiënis en tandarts (‘n slim vriendin se plan, sien éérs die mondhigiënis, dán die tandarts), ginekoloog, pediater, uroloog, dermatoloog en oogarts keurig aangeteken. Die lys elke jaar langer. Ouderdom is nie vir sissies nie, dink ek, en hoop in my hart dat werk- en skoolkalenders nie my keurige planne deurmekaar gaan krap nie.
Die afsprake is gemaak, nou moet ons net daar kom.
Laataand en pootuit trek ek Desember 2013 se Harvard Business Review nader. Daniel Goleman, gerekende emosionele intelligensie-guru, skryf oor fokus en leierskap – ‘n onderwerp waarvoor ek nie einde verlede jaar kans gesien het nie. Nou wil ek weet.
Sê Goleman: Mense dink gewoonlik jy fokus as jy afleidings verminder en net op een ding konsentreer. Maar nuwe navorsing in neurowetenskap wys dat ons op baie verskillende maniere fokus, elkeen met sy eie doel – en vir elkeen is daar ‘n unieke neurologiese pad. Die sleutel is om bewustelik te fokus na binne, op ander en op die wyer wêreld.
Fokus na binne en op ander help om jou emosionele intelligensie te ontwikkel. Fokus op ‘n wyer wêreld help met jou vermoë om strategies en innoverend te dink.
In kombinasie help die fokus na binne, op ander en die wyer wêreld jou om beter te sien, hoor en doen.
Wel Goleman, my medisynekas is aan die kant, my trouring blink, daar’s twee nuwe swart langbroeke in my klerekas en die ewige doktersafsprake is gemaak. Ek voel gefokus. Toe nie heeltemal nie, sê jy.
Fokus na binne, op ander en die wyer wêreld. Om só beter te kan sien, hoor en doen.
Ek luister.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.