kategorieë: Blogs

Om alles te wil hê

Is dit ’n dogtertjie-ding, wonder ek? Dié hebberigheid, soos my Hollandse vriendin Marion sal sê. Daardie onverklaarbare drang om alles te wil hê. Hoe gebeur dit dat pienk en Barbie iewers langs die pad plek maak vir ander moet-hê-wil-hê drange? Ons ken dit goed. ’n Loopbaan, ’n man, ’n huis, kinders, tyd saam met hulle langs die sportveld, oorsese reise, ‘n perfekte lyf, ‘n ontwerpers klerekas, agt ure slaap elke nag. Alles. Verkieslik tegelyk.
Ek lees onlangs in die weekblad, Time, wat Sheryl Sandberg, uitvoerende operasionele hoof van die sosiale netwerk Facebook, sê oor (veral) vroue se drang om altyd alles te wil hê. Sheryl, skrywer van die onlangs-gepubliseerde boek Lean In: Women, Work and the Will to Lead, bevestig wat ons reeds weet: niemand van ons kan alles hê wat ons begeer nie.
As entrepreneur-ma weet ek dit maar al te goed: jy het dalk effens meer vryheid as ander werkende ma’s, maar werk is werk. Kliënte het bepaalde verwagtinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kan so fyn beplan soos jy wil, jy gaan steeds ‘n swemgala misloop en iewers vergeet om die kolwyntjies vir die koekverkoping skool toe te stuur. Dis erg, maar nie die einde van die wêreld nie.

In die Time-artikel verwys Sheryl na een van haargunsteling-plakkate in die Facebook-kantore, “Done is better than perfect”. Sy’t hierdie gesegde haar eie gemaak, sê die vrou wat die wenkbroue laat lig het omdat sy elke dag om 17:30 haar kantoor verlaat om tyd saam met haar man en jong kinders deur te bring terwyl baie van haar kollegas lang ure werk.
Ek en Sheryl het eending in gemeen. Ons het geleer dat jy daagliks jou eie prioriteite moet bepaal. Anders as my dogter weet ek dat ek nie alles kan kry wat ek sien nie. Ek moes op die harde manier leer dat dit nie altyd in jou guns tel om na perfeksie te streef nie. Soms help ‘n bietjie afstand, of ‘n outydse prioriteitslys.
Ek weet ek is ‘n beter ma omdat ek werk. Jou omstandighede lyk dalk anders. Maar nie ek, Sheryl, jy of my liefkind Emma kan alles kry wat ons harte begeer nie. Vir my werk dit om te fokus op dít wat vir my belangrik en lekker is. Die res moet wag.
Tensy dit ‘n onweerstaanbare pienk prinsesrok is, natuurlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tot volgende week,
Marí

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

www.incontext.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.