Instructions
1 Gebruik ’n staanmenger en heg die deeghaak aan.
2 Meng die meel, gis, strooisuiker en sout in die mengbak.
3 Meng die louwarm water, olyfolie en eiers. Voeg die eiermengsel stadig by die meel terwyl die verwerker met ’n lae spoed meng.
4 Meng heeltyd tot al die vloeistof bygevoeg is en deurgemeng is.
5 Knie die deeg vir 10 min. tot ’n gladde, werkbare deeg vorm.
6 Maak die mengbak met ’n lappie toe en laat vir 12 uur in die yskas rys.
7 Verhit die oond tot 200 °C.
8 Verdeel die deeg in 15 ewe groot bolletjies en pak in ’n sirkel op ’n groot bakplaat.
9 Smeer elke rolletjie aan sy sykant met die eierglaseersel sodat hulle aan mekaar kan vasplak.
10 Smeer die bokante ook met eier.
11 Bak vir 20 min. tot goudbruin en gaar.
Rolletjies met karameluie en mosterd
1 Maak die basiese brooddeeg soos bo beskryf, maar meng 45 ml korrelmosterd saam met die water en eiers by die droë bestanddele.
2 Verhit 30 ml botter en 30 ml olyfolie in ’n pan, karamelliseer 2 uie, oorlangs in dik skywe gesny, daarin tot goudkleurig en sag.
3 Druk ’n uitjie in elke rolletjie in wanneer jy die balletjies vorm.
Rolletjies met korente, bosbessies en suurlemoenskil
1 Knie 100 g korente en 100 g bosbessies en die gerasperde skil van 5 suurlemoene by die deeg in voordat jy dit in balletjies vorm.
Rolletjies met okkerneute, lemoenskil en versuikerde sitrusskil
1 Knie 125 g okkerneute, liggies gerooster en grof gekap, die gerasperde skil van 3 lemoene en 100 g gekapte, versuikerde sitrusskil deur die deeg voor jy dit in bolletjies vorm.