Olyfburgers
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) botter
- 1 klein ui, fyn gekap
- 400 g gemaalde beesvleis
- ½ k swart olywe, ontpit en gekap
- ½ k fetakaas, gekrummel
- 2 e vars orego, fyn gekap
- sout en swartpeper
- 30 ml (2 e) olyfolie vir panbraai
- ’n hand vol slaaiblare soos roket en basiliekruid, gewas
- 2 ryp tamaties, in skywe gesny
- 125 ml (½ k) crème frâiche met
- 30 ml (2 e) korrelmosterd gemeng
- 4 krakerige hamburger-rolletjies, deurgesny en met olyfolie besprinkel
Instructions
- Smelt die botter in ’n middelslagpan en soteer die ui daarin tot sag. Laat afkoel.
- Meng die maalvleis, olywe, fetakaas, orego, sout en peper en vorm 4 plat hamburger- frikkadelle.
- Panbraai die frikkadelle in die olyfolie tot goudbruin en gaar aan albei kante.
- Bou die burgers deur te begin met ’n paar blare, dan die tamatie en ’n frikkadel gevolg deur ’n skeppie crème frâiche
Vickie de Beer
Lees Meer
Die beste burger-souse
10/09/2024
Gebakte vis in geurige tamatiesous
03/07/2024