kategorieë: KosMaklik en vinnig

Olyf-en-ui-broodstokkies

Genoeg vir sowat 24 stokkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 500 g klaarbereide brooddeeg (te koop by supermarkte)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vulsel

  • 2 uie, oorlangs in dik skywe gesny
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) botter
  • 100 g olywe, ontpit
  • 1 eier, liggies geklop met ’n knypie sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Vulsel: Verhit die botter en olie saam en braai die uie oor lae hitte daarin tot sag en gekaramelliseer. Laat afkoel.
  2. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  3. Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit in ’n reghoek van sowat 4 mm dik. Skep die uie op die helfte van die deeg en strooi die olywe oor. Vou die ander helfte van die deeg oor en rol weer liggies uit.
  4. Sny die deeg in repe van 2,5 cm en sit met ’n slaplemmes op ’n bakplaat. Draai die repies in teenoorgestelde rigtings sodat dit kinkels vorm. Verf met die eier en strooi sout oor. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.