Genoeg vir sowat 24 stokkies.
Bestanddele
- 500 g klaarbereide brooddeeg (te koop by supermarkte)
Vulsel
- 2 uie, oorlangs in dik skywe gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) botter
- 100 g olywe, ontpit
- 1 eier, liggies geklop met ’n knypie sout
Metode
- Vulsel: Verhit die botter en olie saam en braai die uie oor lae hitte daarin tot sag en gekaramelliseer. Laat afkoel.
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit in ’n reghoek van sowat 4 mm dik. Skep die uie op die helfte van die deeg en strooi die olywe oor. Vou die ander helfte van die deeg oor en rol weer liggies uit.
- Sny die deeg in repe van 2,5 cm en sit met ’n slaplemmes op ’n bakplaat. Draai die repies in teenoorgestelde rigtings sodat dit kinkels vorm. Verf met die eier en strooi sout oor. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin.