Die wêreld se beste sportmanne en -vroue spog sedert verlede Saterdag, 6 Augustus 2016, met hul talente in onder meer swem, roei, vlugbal en sewes-rugby. Suid-Afrika het tot dusver drie medaljes gewen – twee silwer vir onderskeidelik Chad le Clos en Cameron van der Burgh in die swembad, en een brons vir ons blitsbokke.
Die opwinding duur voort … Vandag begin een van die Spele se gewildste sportsoorte – atletiek! Ons kan veral nie wag om weer vir Usain Bolt in aksie te sien nie.

Die stadion in Rio waar al die opwinding van atletiek gaan plaasvind.
Hier is ’n paar foto’s wat die SA-span tot dusver op Instagram gedeel het: