Serves:Genoeg vir 50 klein oliebolleNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 30 g suiker
• 5 ml (1 t) sout
• 10 g (1 sakkie) kitsgis
• 7,5 ml (1½ t) fyn kaneel
• 5 ml (1 t) gemengde speserye
• 5 ml (1 t) gemmer
• 80 g gemmer in stroop, fyn gekap
• gerasperde skil van 2 lemoene
• 500 g broodmeel
• 375 ml (1½ k) louwarm melk
• 80 g botter, gesmelt
• olie vir diepbraai
Lemoenglaseersel
• Meng 170 g gesifte versiersuiker met 45 ml (3 e) lemoensap tot dit ’n gladde pasta vorm.
Ander bolae
• 1 x 385 g-blikkie Caramel Treat
• 100 g kakaopoeier
• 100 g versiersuiker
• 100 g donkersjokolade, op die ontvriesstelling in die mikrogolf gesmelt
Instructions
1 Gebruik ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Gooi die suiker, sout, kitsgis, fyn kaneel, gemengde speserye, gemmer, lemoenskil en broodmeel in die bak van die menger. 2 Meng die melk en botter in ’n maatbeker en gooi stadig by die meel terwyl die masjien hardloop. Meng vir sowat 10 min. tot die deeg glad en elasties is. 3 Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel in grootte. 4 Knie die deeg vir 1 min. af en rol in rolletjies van 25 g uit. Druk die rolletjies effens plat. 5 Verhit die olie in ’n groot kastrol tot 180 °C. Diepbraai ’n paar oliebolle op ’n slag tot goudkleurig en gaar. Die bolletjies dryf na bo sodra hulle gaar is. Dreineer op kombuispapier en laat afkoel. 6 Doop ’n paar bolletjies in die lemoenversiersel en doop die res onderskeidelik in die karamel of kakaopoeier, versiersuiker, of in die gesmelte donkersjokolade. 7 Tooi hier en daar met goudblad. Pak ’n krans op ’n mooi dienbord en smul!