Genoeg vir 8 broodjies.
Bestanddele
- 500 g koekmeel + ekstra
- 5 ml (1 t) sout
- 10 g (1 sakkie) kitsgis
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 375 ml (1 ½ k) louwarm water
- 100 g okkerneute, gekap
- 100 g korente
- 2 pruime
- 2 trossies rooi druiwe
- 4 vye
Metode
- Meng die koekmeel, gis en sout. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot die deeg bymekaar kom.
- Voeg die okkerneute en korente by en knie vir sowat 10 min. Laat vir 30 min. op ’n warm plek rys. Knie af en verdeel in 8 ewe groot balletjies. Bedek met ’n klam vadoek.
- Vryf die ekstra meel in die vesels van 8 lapservette in. Sit elke meelservet oor ’n nageregbakkie en ’n bolletjie deeg in elk. Laat op ’n warm plek rys.
- Voorverhit die oond tot 220 °C. Bestrooi ’n bakplaat liggies met meel.
- Keer die broodjies versigtig op die bakplaat uit sonder om die meellaag te versteur en sny ’n diep kruis in elk. Verdeel die druiwe, pruime en vye tussen die broodjies en druk in die middel van die deeg in. Bak vir 10 min. in die warm oond. Spuit ná 5 min. die sykante van die oond met water om ’n krakerige kors te verseker.
- Verlaag die hitte na 200 °C en bak nog 30 min. of tot gaar. Spuit elke 15 min. weer water aan die kante van die oond. Sit warm voor met plaasbotter.