kategorieë: KalenderOntspanning

Oeskoors-fees beloof iets vir almal

Teubes Familiewyne bied op Saterdag, 28 Januarie 2017 die derde Oeskoorsfees in Vredendal aan. Dit is ’n dag om saam met familie en vriende die jaar se oes te seën en die beste kos en wyne te geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Teubes Familiewyne het vier wynreekse, naamlik Teubes Family Wines, Lambertsbay’s Finest, Malkopbaai en Karoobossie. Die kelder is ook passievol oor die skep van ’n uistekende Sauvignon Blanc. Al hul wyne sal tydens die fees beskikbaar wees om te proe of saam te neem huistoe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar gaan genoeg aktiwiteite wees om die feestelikheid in elkeen uit te bring. Een van die fees se hoogtepunte die jaar is die oes-sport. Dit sluit aktiwiteite soos druiwe-trap, prop-spoeg en ander familiesporte in. Vir die meer waaghalsige jonger garde is daar ’n waterwurm wat hulle vir ure sal besig hou. Kleinboet en Sus hoef nie die pret mis te loop nie, want Pikkieland se aktiwiteite is net vir hulle bedoel. Tussendeur al die pret gaan ’n ontspanne atmosfeer deur talle kunstenaars geskep word. Oud en jonk kan verwag om verras te word deur ’n wye verskeidenheid geliefde sangers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Besoekers kan stalletjies met kos vir elke smaak verwag. Ou gunstelinge soos roosterkoek, pannekoeke en Chip ’n Dip gaan ’n verskyning maak. Verder gaan daar ook ’n Piping Hot Pizza en Spur-stalletjie wees. Om alles te kroon bied Teubes Familiewyne hul eie borde met warm en koue lekkernye aan – die perfekte pasmaats vir hul wyne!

Kaartjies beloop R100 per persoon vir volwassenes en R10 per persoon vir kinders onder 12. ’n Gratis wynglas is ingesluit by die prys. Bespreek jou kaartjies by info@teubeswines.co.za of kontak +27 (0) 27 213 2377. Besoek gerus Teubes Wines op Facebook (Teubes Wines), Twitter (@TeubesWines) en Instagram (@teubeswines) vir meer inligting, of die webblad by www.teubeswines.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

6 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

6 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

7 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

8 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

10 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.