Foto: Pixabay
Dit gebeur elke winter. Jy beloof jouself plegtig dat jy dit hierdie keer anders gaan doen. Gesond eet, geen koekies en lekkers vir koffietyd, oefen elke dag. Maar soos klokslag staan jy September voor die spieël en wonder wie stilletjies jou bikini met Barbie s’n omgeruil het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die geheim is om aktief te bly en nie tussenin te eet nie. Koue, nat weer verg aansienlik meer toewyding om oefening vol te hou. Tog sal topatlete in ysige lande jou vertel dis bloot ’n geval van die verkeerde klere dra. Maar wie het gesê jy kan net buite oefen? As die weer jou pootjie, is ’n trapmeul of oefenfiets ’n baie goeie opsie. Te vervelig vir jou? Hier is ’n paar idees om dit interessant te maak en die tyd tjoef-tjaf om te kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
As jy ’n trapmeul of oefenfiets het wat agter in die motorhuis stof versamel, haal dit uit en volg ons instruksies vir oefeninge in die gim. As jy nie toerusting by die huis het nie, koop ’n springtou. Dit kos bitter min en werk uitstekend. Tien minute se springtouspring is gelykstaande aan ’n halfuur se hardloop. Speel vrolike musiek en kyk of jy aanvanklik net 30 sekondes kan spring en dan 30 sekondes rus. Herhaal tien keer. Vermeerder die springgedeeltes en mik om uiteindelik tien minute aaneen te spring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy by ’n gimnasium aangesluit is, is dit nou dit tyd om daai lidmaatskapkaartjie af te stof. Gebruik die trapmeul of oefenfiets om fiks te word.
redfacedrunners.com/2012/08/running-playlists/
“12 Best Running Songs” | itunes.apple.com/us/album/sparkpeople-best-running-songs/
Maak seker dat jy net een oorfoon dra as jy buite die gim hardloop om te verseker dat jy verkeer en gevare kan hoor.
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…
Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak: Was jou…
Hierdie webwerf gebruik koekies.