kategorieë: LeesOntspanning

Nuwe vervolgverhaal: Grieta

Magriet Ernst is 55. Op 50 het Stoffel haar ingeruil vir ’n freshie. Claudia. Dit was vyf jaar na Magriet se dubbele mastektomie. Dit neem tyd om vrede te maak met die verlies van jou borste … en jou man, maar na ’n goeie tyd was Magriet uitgehuil. Toe Stoffel ’n jaar gelede aan ’n hartaanval sterf en Claudia met sy vet pensioen agterbly, het Magriet weer ’n rukkie gerou oor die oudagdrome wat sy vir haar en Stoffel gehad het. Vir Jaco het sy die ruim voorsiening uit sy pa se boedel gegun. Magriet se lewe het weer stabiele waters ingevaar. Tot haar foon een oggend lui …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir die volgende dertig weke neem Martie Swanepoel ons saam op Magriet se lewensavontuur. Ons tiek saam met haar elke merkie af op haar voor-ek-die-emmer-skop-droomlysie. Ons stop saam met haar, haar ouma Grieta se langsteelpyp met kersietwak en rook die vreugdes van die lewe. Ons sal baie van onsself in Magriet herken, want baie van ons is al deur teleurstellings en moes drome opsy skuif. Ons gaan saam met haar huil en baie lekker lag, want by Magriet gaan ons leer dat ’n mens weer beheer kan neem oor jou lewe. Ons gaan elkeen ’n droomlysie opstel, ons lippe rooi maak, en ons gaan daaraan begin werk. By Magriet gaan ons leer dat die lewe dit is wat jy daarvan maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skuif reg, want Vrydag begin GRIETA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

10 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

19 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

2 days Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

2 days Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

2 days Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.