kategorieë: Ontspanning

Nuwe vereniging sal Chardonnay bevorder

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gasspreker vir die geleentheid was die gevierde wynbeoordelaar en kommentator, Michael Fridjhon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het gesê die aand draai alles om nuwe beginne en dat mens eintlik nie kan glo dat Chardonnay teen die sestigerjare amper nie noemenswaardige hektaars regoor die wêreld beslaan het nie, maar ook omdat die variëteit – hoewel een van die kerns van sjampanje – baie onbekend was. Die prentjie het in 1976 verander met die Judgment of Paris blinde wynproe in Frankryk en skielik het Chardonnay in die internasionale kollig gestaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaste kon voor die amptelike opening en proe, vonkelwyn buite onder die bome voor die Jordan restaurant geniet.

Chardonnay het in die 80’s onder interessante omstandighede in Suid-Afrika aangekom, met stories van Jan Boland Coetzee en Danie de Wet wat steggies van Boergondië ingesmokkel het. Destyds was die skaarsheid van die kultivar verantwoordelik vir baie goeie pryse aan produsente.

Maar toe val die bodem uit, want met oorvloed kom verveeldheid en die “Anything But Chardonnay”-beweging wat mense heeltemal van die kultivar vervreem het. Michael het gesê die wêreld het rede gehad om hul rug op Chardonnay te draai, want die wyne was hopeloos te veel gehout, nie heeltemal droog nie en ook baie pronkerig en dit het groot skade vir die beeld van Chardonnay berokken.”

En om alles te kroon, kom mense toe agter hoe lekker Suid-Afrikaanse Chenin blanc kan wees. “Veral mense wat nie van Sauvignon blanc óf gehoute wyne hou nie, het regtig hul fokus geskuif.”

Michael het gesê maar gelukkig het Chardonnay geduldig gewag vir sy oomblik in die son. En mense het besef jy kan vir meer as een witwyn lief wees.

“Vandag is deel van daardie nuwe begin en die kultivar is ‘n uitsonderlike kultivar.”

Jandre Breytenbach (De Warenmarkt) en André Morgenthal (bestuurder Chardonnay-vereniging).
Shane Mumba, sommelier en brandewyn-ambassadeur by die SA Brandewynstigting en Tinashe Musora (sommelier by Creation).

“In retrospek is die misdadiger tot held verhewe,” sê Paul Clüver Snr. “Chardonnay is die uitverkore een, dit was nie ‘n gereëlde huwelik nie.”

Daarna kon gaste op hul eie tyd die wyne van 32 Chardonnay Vereniging-lede proe en toe smul aan ‘n heerlike ete van Jordan Restaurant se sjef Marthinus Ferreira.

Narina Cloete (Blaauwklippen) en Jan-Nico Coetzee (Delaire Graff).

Die vereniging het ontwikkel uit die Chardonnay Forum wat al 15 jaar lank aan die gang is, met ‘n primêre funksie om kennis, tegnologie en netwerk-geleenthede met mede Chardonnay-produsente te deel. Die Chardonnay-vereniging se doelwit is om Suid-Afrikaanse Chardonnay plaaslik en internasionaal te verhef, gebaseer op bemarkingsinisiatiewe, samewerking met bedryfsliggame en tegniese geleenthede.

Die komitee staan ​​onder voorsitterskap van Sjaak Nelson (Jordan Estate), met Johan Kruger (Kruger Family Wines) as ondervoorsitter en komiteelede Carolyn Martin (Creation), Thea van der Merwe (Journey’s End) en Ann Ferreira (Pieter Ferreira Wines).

Die Chardonnay-vereniging van Suid-Afrika se komitee is van links Sjaak Nelson (Jordan), Carolyn Martin (Creation), Johan Kruger (Kruger Family Wines) en Thea van der Merwe (Journey’s End). Ann Ferreira was afwesig.

Die Vereniging staan onder bestuur deur Andre Morgenthal, voorheen kommunikasiebestuurder by Wines of South Africa en meer onlangs die Old Vine Project (OVP), waar hy sy ampstermyn Februarie 2024 afgesluit het.

Barry Nieuwoudt (City Grill) en Rico Basson (South Africa Wine).
Johan van Zyl en Emile Langenhoven (beide van Lanzerac wynlandgoed).

Chardonnay het die afgelope paar jaar goeie groei getoon en beslaan 13.61% van Suid-Afrikaanse witwyne, waarvan 9,7 miljoen liter gebottelde en 14,9 miljoen bulkwyn van November 2023 tot Oktober 2024 uitgevoer is.

Daar is altesaam 6 547 hektaar Chardonnay wingerde in die land met die meeste aanplantings in Robertson (1710), Stellenbosch (977) en Breedekloof (819). Oaarl en Swartland is kop aan kop met 585 en 566 hektaar onderskeidelik.

Gottfried Mocke (Cap Maritime), Emile Joubert (wynskrywer) en David Finlayson (David Finlayson Wines).
Carsten Migliarina (Migliarina), Nic van Aarde (Oldenburg Vineyards) en Anthony Sanvido (De Morgenzon).

Vir meer inligting oor jou gunsteling Chardonnay, loer hier.

Lees ook: Shiraz SA maak proe-geskiedenis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere

Hierdie pap kan ook poeding wees dis sooo lekker!

2 days Gelede

Garnaalkelkie

Genoeg vir 6. Bestanddele   Sous 180 ml (¾ k) goeie mayonnaise 30 ml (2…

2 days Gelede

“Kokkedoor Vuur & Vlam” is terug: Ontmoet die deelnemers!

Dié kosreeks, wat in die Overbergse stranddorp Struisbaai verfilm is, begin Donderdag 6 Februarie om…

2 days Gelede

Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in ‘Binnelanders’

Foto’s: Christoph Hoffmann.   Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders.…

2 days Gelede

Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Ligte tot matige dehidrasie is in ’n warm land soos Suid-Afrika eintlik baie algemeen, sê…

2 days Gelede

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.