kategorieë: Ontspanning

Nuwe tydsgleuf vir kykNET se Bravo!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bravo! sal van Donderdag 11 April om 21:00 op kykNET in plaas van Sondae om 18:00 uitgesaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bravo! is vir meer as ’n dekade een van kykNET se ankerprogramme en gee sedert 2012 vir kykers ’n blik op die Suid-Afrikaanse glanswêreld, gepaardgaande met kuiers in die binnekringe van bekendes. Die program word deur Ewan Strydom, Reynard Slabbert en Marciel Hopkins aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die 30ste Screen Actors Guild-toekennings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ewan is ook die aanbieder van die werklikheidsreeks, Plaasjapie, waarvan die tweede seisoen op 18 April om 20:00 op kykNET begin.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om van April eers Donderdae ’n stofpadraai by Plaasjapie te gooi om te wys hoe die stadsjapies swoeg en sweet, en dan direk na daarna koers te kies na die rooitapyt,” sê hy

“Gelukkig is ek ewe tuis in ’n stywe Boerboel-kortbroek en -hemp, as ’n swierige swart pak!”

Weens hierdie skeduleverandering, gaan Fiësta, wat ook reeds vir sowat tien jaar deel is van die kykNET-spyskaart, vanaf 7 April om 18:00 op Sondae uitsaai.

Lees ook: Liewe Heksie vlieg weer Atterburyteater toe!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.