kategorieë: Ontspanning

Nuwe TV-reekse op kykNET

Hier is ’n paar name waarvoor jy moet uitkyk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Boer Soek ’n Vrou: Seisoen 8

Begin: 1 Oktober om 20:30
Kanaal: 144

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié werklikheidsreeks, wat ook internasionale sukses geniet, volg hubare boere in hul soektog na liefde. Die tien boere van regoor Suid-Afrika is in Mei bekendgestel en die briewe van hoopvolle kandidate het ingestroom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanaf 1 Oktober kan kykers saam met die aanbieder, Nadia Beukes, reis soos wat sy die briewe in onder meer Hopetown, Pongola en Worcester aflaai. Die vyf boere met die meeste briewe sal dan deur die loop van die reeks op ’n warrelwind van ontmoetings, afsprake, uitdagings en plaas besoeke gaan.

Watter boer gaan liefde met die eerste oogopslag vind en watter pot gaan ’n deksel kry?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Buurtwag


Begin: 30 September om 21:00
Kanaal: 144

Buurtwag, ’n nuwe Suid-Afrikaanse drama-komedie van 13 episodes, volg ’n jong paartjie, Johan en Yolanie Bester, wat kort ná hulle weens veiligheidsredes Kaap toe trek op die harde manier leer dat die Kaap nie die res van die land se misdaad gespaar is nie.

Die Besters beland in die kloue van die hardkoppige Don Mostert en sy buurtwag – ’n spul effens-links-van-aweregse karakters. Hulle gebruik die buurtwag om van die verveling van hul lewens in die voorstede te ontsnap en is ál te bly om nuwe bloed in die vorm van ’n jong Gautenger in hulle kaperjolle te betrek.

Die Besters word deel van ’n gemeenskap en leer dinge oor hulself wat hulle nooit andersins sou nie.

Bloedbroers

Begin: 13 Oktober om 20:30
Kanaal: 144

Bloedbroers is ’n manjifieke periode-drama wat gedurende die onstuimige tydperk van die Afrikaner se wording in die jare 1914 tot 1948, afspeel. Die verhaal volg die lewens van vier jong kêrels – Willem, PG, Gerhard en Bennie – armblanke mynwerkers, wat onwillekeurig by die Rebellie van 1914 betrokke raak.

Wanneer die Rebellie op ’n nederlaag uitloop, vind ons vier jong helde hulself by ’n kruispad: gaan aan soos vantevore, of veg vir ’n beter toekoms en vryheid.

Hulle maak die keuse om te veg, elk op sy eie manier. Daar en dan sny hulle hul hande, deel hulle bloed, en lê ’n eed af om bloedbroers te wees – tot aan die einde.


Edik van Nantes


Begin: 13 Oktober om 20:00
Kanaal: 144

Nataniël en Erik le Roux is vanaf 13 Oktober in die kosreeks Edik van Nantes te sien.

Ná Nataniël se broer, Erik le Roux, (nou Erik van Nantes!) met ’n Franse meisie, Nathalie le Roux, getrou het, het hy homself en sy gesin in Nantes gevestig waarna hy ’n Franse burger geword het.

Met gereelde besoeke word Nantes uiteindelik ’n tweede tuiste vir Nataniël, en só begin die verhaal vir die TV-reeks Edik van Nantes.

Net buite Nantes, op die le Roux-familieplaas, staan ’n historiese kliphuis, al vir dekades onbewoon. In dié reeks omskep Nataniël en Erik die huis uiteindelik in ’n vakansiehuis vir die hele familie, maak speelplek vir al die peetkinders en kleinkinders en rig ’n vrystaande kombuis in.

Nataniël leer ook al die verrassende klein en vreemde gewoontes van ’n land wat ons dink ons ken, asook hoe opwindend maar moeilik dit is om ’n tweede lewe in die vreemde te begin.

Skreeusnaaks, beeldskoon, eksentriek en leersaam – hierdie is ’n unieke reeks van 13 episodes wat nie misgeloop mag word nie!


Kyk net vir Tannie


Begin: 27 September om 20:00
Kanaal: 144

Ter viering van Tannie Evita Bezuidenhout se 80ste verjaardag op 28 September, het kykNET besluit om by haar te gaan inloer. Bokkie Bam (Lizz Meiring), Tannie Evita se voormalige persoonlike assistent, staan ná al die jare weer aan die stuur van sake en reël ’n verjaarsdagpartytjie vir Evita met ’n ysterhand.

Coenie gaan ook ’n draai maak om te gesels oor Tannie Evita se loopbaan as ambassadrise en om uit te vind hoe haar politiek vandag se dae daaruit sien. Gaan Coenie die onmoontlike regkry en uiteindelik vir Tannie Evita aan Pieter-Dirk Uys voorstel?

Kyk net vir Tannie is ’n mokumentêr wat tong-in-die-kies politiek en satire vermeng en ’n eenmalige kykie bied na Tannie Evita en, wie weet, moontlik selfs ook Pieter-Dirk Uys.

  • Vir meer inligting oor dié reekse besoek gerus kykNET se webtuiste.
  • Laai ook dié kanaal se digitale tydskrif, Digityd, hier af om meer oor die reekse uit te vind.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.