Mense se verbintenis met honde het aanvanklik uit ’n “behoefte” vir ’n sekere “diens” ontstaan, maar mettertyd het hierdie band versterk. Liefde en vriendskap het tussen dié twee spesies ontwikkel en in kykNET se nuwe reeks, Hond se Gedagtes, word dit elke Dinsdag om 17:30 ondersoek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hond se Gedagtes gaan ’n verskeidenheid onderwerpe dek wat veral kykers met honde vars insig gaan gee oor die mens se beste vriend.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die reeks gee ook praktiese wenke en vertel inspirerende, snaakse en ook soms hartseer stories. Maar, omdat honde nie akteurs is nie, straal hul opregtheid uit in elke insetsel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die aanbieder van Hond se Gedagtes is Lizma van Zyl, wat natuurlik ’n groot hondeliefhebber is, maar ook ʼn bekende in die mediawêreld. Lizma is ’n nuushond en was ’n radiojoernalis, nuusleser, redakteur en stigterslid van Smile 90.4FM.
In Hond se Gedagtes spandeer Lizma onder meer tyd met terapiehonde, honde wat daagliks lewens red en honde wat blote maters is. Boonop soek die reeks elke week vir een “weeshond” ’n liefdevolle huis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hond se Gedagtes word van 4 Julie 2017 om 17:30 op kyKNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.