kategorieë: Ontspanning

Nuwe somer spyskaart vir Ouzeri

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ouzeri is dié uithangplek vir watertand geregte uit Ciprus en Griekeland en al die eilande en die restaurant het pas sy nuwe spyskaart bekendgestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die sjef en eienaar, Nic Charalambous, se liefde vir natuurlike wyn en eerlike disse gee die eetplek ’n unieke andersheid. Hy was bestuurder by Avli by tashas in Dubai – ’n Atheens-geïnspireerde eetplek wat aan Natasha Sideris van die Tashas-groep behoort. Sy is steeds Nico se goeie vriendin en mentor.

Nic het twee jaar terug na Kaapstad teruggekeer en Ouzeri as opskiet-restaurant regoor die stad bedryf. Hy het die konsep in verskeie nuwerwetse wynkroeë uitgetoets – waaronder Leo’s Wine Bar en The Athletic Club & Social. Dit het hom nie net toegelaat om resepte te toets en te ontwikkel nie, maar ook om Kapenaars se aptyt vir hierdie styl van kookkuns te toets.

Nic – van Grieks-Sipriese afkoms – se kosfilosofie strek veel wyer as die plaaslike vars produkte wat hy in sy disse gebruik. Hy glo aan produkte wat so natuurlik en handgemaak as moontlik is, aldus die besluit om natuurlike huiswyn te bedien.

Nic is baie trots op sy Sipriese herkoms en lag as hy erken dat hy in die kombuis dalk die grense tussen Sipries en Grieks laat vervaag, maar baie suiwer in sy Sipriese etnisiteit is.

“Wat ek van die ouzeris hou wat ek in Siprus en Griekeland ervaar het, is dat hulle eg plaaslike kuierplekke is. Dit is die plek waarheen jy ná werk gaan vir ’n drankie en ’n happie, en om vriende en familie te ontmoet. Almal deel meze en drink wyn en Ouzo. Trouens, hulle is so deel van die gemeenskap dat hulle dikwels vernoem word na die dorpe waarin hulle geleë is.”

Die spyskaart wat die bekend-tog-anders-geregte van Griekeland en Ciprus en hul streke vervleg, bevat ’n verskeidenheid meze en hoofmaaltye wat gaste aan tafel kan deel. Elke gereg beklemtoon die streekspesialiteit of -gunsteling en neem gaste op ’n geurvolle reis deur Ciprus en die Griekse eilande.

Nic het elke verskaffer sorgvuldig gekies: Ouzeri se olywe en olyfolie kom van O for Olive op Prins Albert. Die suiwelprodukte, waaronder joghurt, feta en haloumi, kom van Cream of the Crop, en Richard Bosman maak vir hom soujouk, ’n soort gefermenteerde wors.

Selfs die restaurant se dekor, ontwerp deur Master Studio, kan besoekers laat glo hulle is iewers op ’n Griekse eiland. Wit gepleisterde mure, tapisserie-kussings en klein inhamme in die muur met handgeverfde Griekse bordjies is so na aan ’n tradisionele Sipriese kafee as kan kom. Daar is iets vir elke voorkeur, van vleiseters tot vegetariërs en alles word vars berei.

Die huiswyn word in oulike blikkarafies bedien en Nic werk nou saam met wynmakers om die beste en waar moontlik, natuurlike, wyne te bedien. Die huidige huiswyne is deur Tremayne Smith van Blacksmith Wines gemaak en daar is ’n dopkontak Chenin blanc en ’n ligte Pinotage.

Op die nuwe spyskaart is heerlikhede soos Tirokafteri en kekerertjie skyfies van Florina; Apaki – wilde roosmaryn met Ouzo en vinkelsout van Kreta; Garnaal Savoro met Rozendal Hibiscus asyn en korente van die Ioniese eilande; Eliopita van Siprus en Favabone met wit ansjovis, rooi uie en pienk peperkorrels van Cyclades. Ai, die lekkerte om die Garnaal Savoro te geniet, waarvan die garnale se koppies bros gebraai is soos skyfies en Nic mooi verduidelik dat jy dit eers in die garnaal-olie moet doop, vir ’n vingerlek-lekkerte!

Tussen elke gang kom gesels hy by die tafel en vertel van waar die bestanddele en resepte kom en hoe sy geregte hulde bring aan die land – of eiland – van herkoms en ook aan Nic se eie kos-erfenis as Sipriese Griek.

Lees ook: Nuwe proelokaal vir geskiedkundige Meerendal

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Sukkel jy om te slaap? Ons deel ses oplossings vir ses moontlike probleme sodat jy…

6 hours Gelede

GARDENA se tuinwenke en -idees vir herfs

Die dae word korter en die lug koeler en herfs bring ’n unieke sjarme en…

9 hours Gelede

Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner

Jou selfoon is dalk jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli…

11 hours Gelede

Redes hoekom jou neus maklik bloei

Jy vra: Hoekom bloei my neus so maklik? Ons het die redes gaan uitvind. #rrGesondheid

1 day Gelede

Sewe toekennings later… nou is ‘Som van Twee’ in fliekteaters te sien!

Die goeie nuus is dat dié feestreffer nou in fliekteaters landwyd te sien is.  …

1 day Gelede

Vandag is Wafeldag! Hierdie is die beste-este wafels

Genoeg vir 6     Bestanddele   250 g repiesspek 100 g pekanneute 15 ml…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.