Soos in die vorige reekse gesels Karen Zoid met van haar gunstelingdromers en -denkers, maar daar is natuurlik ’n paar verrassings ook by.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Ek kan nie help om na elke episode deur my gaste geïnspireer te voel nie, want elke gesprek is belaai met lewenswyshede en kwinkslae,” sê sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Karen stof ook weer geliefde musiektreffers af wat ’n “Zoidiaanse-gedaanteverwisseling” ondergaan. Soos voorheen sal die nuwe treffers in Apple se iTunes-aanlynwinkel afgelaai kan word en later op CD en DVD beskikbaar wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kykers kan ook weer uitsien na die skreeusnaakse insetsels met Annemarie Ferreira (boereraat vir bands) en Marinda Senekal die panfluitsensasie. Boonop gaan dié komiese sketse, van al vier seisoene, later vanjaar in DVD-formaat saamgevat word.
Republiek van Zoid Afrika het al verskeie toekennings ontvang, soos ’n SAFTA-toekenning vir die beste geselsprogram, terwyl dit ook vanjaar twee Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.
Republiek van Zoid Afrika word van 11 Oktober op Dinsdae, 20:30, op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.