kategorieë: Ontspanning

Nuwe restaurant in Kaapse Waterfront fokus op Afrika-kos

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die restaurant staan onder leiding van die bekwame sjefs Teenola Govender en Geoffrey Abrahams en met reuse ruite wat Tafelberg as agtergrond omraam en die historiese kloktoring en moderne voetgangerbrug in die voor-aansig, is dit beslis dié plek om gesien te word hierdie somer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bekroonde sjef Ryan Cole van Salsify at the Rundhouse in Kampsbaai (middel), het pas sy nuuste smaak-sensasie, COY in die V&A Waterfront geopen. Die restaurant staan onder leiding van die bekwame sjefs Geoffrey Abrahams (links) en Teenola Govender (regs). more
Die hisotriese kloktoring en moderne voetgangerbrug in die CV&A Waterfront is prentjiemooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis in die Scherwyn Pavilion-gebou ingerig en met sy donker en luukse dekor deur KT Interiors, net die plek om jou Kaapse besoek op ‘n hoogtepunt te begin of te eindig. Die restaurant is naby die Cape Grace Hotel en die Akwarium en Time Out mark in die V&A Waterfront geleë.

Die restaurant is naby die Cape Grace Hotel en die Akwarium en Time Out mark in die V&A Waterfront geleë.
Kan daar n mooier gesig wees as vonkelwyn met Tafelberg in die agtergrond en ‘n vriendelike kelnerin?
Maak nie saak waar in COY sit nie, die uitsigte oor Tafelberg, Leeukop en die hawe, is oral omraam.

Pragtige intieme hoekies waar jy net wil ontspan met goeie kos en wyn.
Die beste plek vir lekker wyn of drankies.

Die restaurant se spyskaart bied ‘n meer ontspanne aanslag op die fynproewer-spyskaart en is dié vertoonstuk van Suid-Afrikaanse kookkuns.

Gaste kon onlangs skemerkelkies met peuselhappies geniet, om te ervaar waaroor die nuwe spyskaart en restaurant nou eintlik gaan. Ryan het vertel: “By COY gaan ons op ‘n oseaan-geïnspireerde verkenning van Afrika-produkte, eeue-oue voorbereidingstegnieke, vergete bestanddele en maniere van kook. Die see is op ons drumpel en die berg bied ’n besonderse agtergrond, so dit is net natuurlik dat ons inspirasie uit hulle albei put,” het hy verduidelik.

Later die aand het gaste die geleentheid gehad om Franse sjampanje op die opening van die restaurant te klink.
Die lekker peuselhappies is alles eg deur Afrika geïnspireer en meestal oor die kole berei.

In ooreenstemming met die sjef se kulinêre etos sal daar ‘n sterk fokus wees op volhoubare, etiese, seisoenale en plaaslike bestanddele.

Die spyskaart het verskeie gefermenteerde bestanddele en produkte en herontdek weer eeue-oue bestanddele en -Afrika-kooktegnieke. Alhoewel seekos oorheers, is vleis-etes en vegetariërs beslis nie afgeskeep nie. Die restaurant is oop vir middag- en aandete en het ‘n uitgebreide wyn- en spirituslys en wyn-en-kos pasmaats word voorgestel.

Geoffrey Abrahams het gesê dat hulle nie probeer om die wêreld te verander nie – “ons wil net meer mense voorstel aan die wonder van Afrika-kos.”

Teenola Govender het vertel: “Ons almal het ‘n verskillende idee van dit beteken om ‘n Afrikaan te wees. Hierdie spyskaart is die samekoms van ons almal.”

Die bekende Cap Classique wynmaker, Pieter (Bubbles) Ferreira en sy vrou, Ann, by die geleentheid.
Sjefs Emma Hepburn en Amori Burger (eienaar en sjef by Upper Union Restaurant) was ook by die funksie.

Bespreek jou tafel op dineplan.

Lees ook: Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Van Tienertoneel tot Showmax: Graad 11-leerder slaan rol in Spooksoeker-verwerking los

Rico vertolk Warno Alberts in die Showmax Original-tienerreeks Spooksoeker, wat op die topverkoperboeke deur veelbekroonde…

20 hours Gelede

Espressokoekies

Maak 36 koekies   Bestanddele   500 ml (2 k) koekmeel 60 ml (¼ k)…

21 hours Gelede

5 maklike veranderinge wat jy tydens Hartbewustheidsmaand kan maak om jou gesondheid te verbeter

September is die maand van hernuwing en positiewe verandering. Dit is ook wanneer Suid-Afrika Hartbewustheidsmaand…

2 days Gelede

Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

De Klerk Oelofse en Andries Adendorff kom al ’n lang pad – van 2017 met…

2 days Gelede

Laat die kurke vir dié wenners klap!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Plettenbergbaai se Newstead Wines stap vanjaar vir die…

2 days Gelede

Wat die onlangse volatiliteit in die Forex-mark vir Suid-Afrikaanse beleggers beteken

As 'n land met 'n relatiewe oop ekonomie, is die geldeenheid van Suid-Afrika, die rand,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.