Nuwe Reserve-reeks vertoon Franschhoek se terroir ten beste

Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n opwindende toevoeging tot die Haute Cabrière-reeks en die kelder se reserwewynversameling, wat reeds die Pinot Noir Reserve en Arnim Family Reserve (’n Pinot Noir en Syrah versnit) insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die landgoed wat hoog bo die dorp teen die berghange geleë is, is bekend vir sy Cap Classique-reeks en wyne van Boergondiese druifsoorte.

Met twee generasies aan die stuur van die landgoed – Takuan von Arnim, nou Haute Cabrière se Direkteur van Wyn en sy suster Tanja, bemarking en gasvryheidsdirekteur en hul ouers, Achim en Hildegard – strek hul ​​nalatenskap terug na die Hugenoot Pierre Jourdan, die verwesenliking van wat die Von Arnims glo sy droom en lewenstaak in die 17de eeu was. Achim was ’n baanbreker op verskeie wynmaak-terreine en het onder meer die Franschhoek-vallei se eerste Cap Classique gemaak. Vandag spog die vallei met sy eie Cap Classique-roete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke feesviering moet met yskoue Cap Classique afgeskop word en by Haute Cabrière in Franschhoek is dit natuurlik geen uitsondering nie.
Haute Cabrière se Von Arnim-gesin is baanbrekers en nie bang vir uitdagings nie. Agter van links is Takuan, ma Hildegard, Tamo, Tanja en voor sit pa Achim.
Die Haute Cabrière Chardonnay Reserve is ’n opwindende toevoeging tot die Haute Cabrière-reeks. Foto: Charles Russell

Volgens Takuan, brei die Chardonnay Reserve Haute Cabrière se aanbod van wyne uit wat in die Franschhoek-appellasie gekweek word. Hy het by die bekendstelling geleentheid vertel: “As ’n kelder wat vier dekades gelede in Franschhoek gestig is, is Haute Cabrière daartoe verbind om die uniekheid van die Franschhoek-terroir uit te druk en om die vallei se reputasie as een van die Suid-Afrika se voorste wynstreke in terme van kwaliteit en herkoms te bevorder.

“Ons was nog altyd geboei deur Chardonnay en sy vermoë om die gevoel van die geografiese plek waar dit verbou word, vas te vang. Ons nuwe Chardonnay Reserve is ’n besonder welkome toevoeging tot die Haute Cabrière-reeks wyne. Die druiwe kom uit twee wingerde: een is in 1983 en die tweede in 2003 geplant.

Tim Hoek, nou Haute Cabrière se keldermeester, sê behalwe om by te dra tot die kelder se aanbod van topgehalte Chardonnay, beklemtoon Haute Cabrière se nuwe Chardonnay Reserve die kwaliteit van Franschhoek-druiwe.

“Ons streek maak skaars een persent van Suid-Afrika se nasionale wingerde uit, maar die gesamentlike doel van Franschhoek se wynkelders is om te verseker dat elke glas wyn uit die vallei van premiegehalte is wat die streek se uitsonderlike aspekte weerspieël.”

Hy het in die pragtige ondergrondse kelder aan gaste vertel: “Een van hierdie kenmerke is diversiteit – geen twee Franschhoek-wingerde is dieselfde nie. Soos Haute Cabrière se eerste Chardonnay Réserve wys, het elke wingerdpakkie in die streek afsonderlike elemente wat ’n unieke vingerafdruk van uitnemendheid toon.”

Gaste kon die nuwe Haute Cabrière Chardonnay Reserve 2021 onder in die kelder proe.
Achim en Hildegard von Arnim, al vir vier dekades deel van die Suid-Afrikaanse wynlandskap en pioniers in die wynbedryf.
Takuan von Arnim, nou Haute Cabrière se Direkteur van Wyn en Tim Hoek, nou Haute Cabrière se keldermeester, in die wingerde.

Die wyn is heerlik nou, maar getrou aan die karakter van fyn Chardonnay, sal dit meer kompleksiteit kry en verdere geur-elemente na vore bring, as dit oor die volgende vyf tot 10 jaar verouder word.

Die dag se spyskaart was ’n wonderlike vertoonstuk van die nuwe uitvoerende sjef, Charlton Prins, se vernuf. Gaste het oor die vallei uitgekyk, vanuit die restaurant se nuwe glas-en-houtboks, wat die natuurlike omgewing deel van die ervaring maak.

As voorgereg met die Haute Cabrière Chardonnay Reserve 2021, is geskroeide forel, geroosterde pepers en diepgebraaide preie bedien; vir die tussentyd saam met die Haute Cabrière Pinor Noir Reserve 2018 is ertjie en plaaslike kaas Arancini, ertjie velouté en stadiggeroosterde tamaties en krakerige basilieblaartjies bedien.

’n Baie lekker broodbord om die middagete af te skop.
Die rooiwyn van die dag was die Haute Cabrière Arnim Family Reserve 2019 wat met lamskouer, dauphinoise aartappel, witpepersous en seisoenale groente bedien is.
Die spoggeleentheid by Haute Cabrière is afgesluit met tropiese sago en panna cotta met die Pierre Jourdan Blanc de Blancs 2017.

Die rooiwyn van die dag was die Haute Cabrière Arnim Family Reserve 2019 wat met lamskouer, dauphinoise aartappel, witpepersous en seisoenale groente bedien is.

Die spoggeleentheid by Haute Cabrière is afgesluit met tropiese sago en panna cotta met die Pierre Jourdan Blanc de Blancs 2017.

Lees ook: Nuwe voorkoms en internasionale toekenning vir Salsify

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.