kategorieë: OuerskapJou lewe

Nuwe pop leer jong meisies selfliefde

“Dit kom kort in die industrie. Ons lewe in ’n samelewing waar speelgoed ons lewens vorm. Ek wil hierdeur wys dat ’n donker vel en krulhare mooi is, so ons moet dit wýs. Ek het dit maklik gemaak vir almal om dit in die hande te kry,” het Tshikuka in ’n onderhoud op Inside Her Story gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tshikuka het op Instagram gesê sy het die leisels geneem toe sy nie verteenwoordigende poppe vir haar twee dogters se realiteit kon vind nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek onthou hoe ons na winkels toe gegaan het, BAIE winkels, op soek na swart poppe vir Kersfees. Ek het geweier om wit poppe vir my pragtige swart dogters te koop, want ek was nie lus om hul selfvertroue te steur nie,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tshekuka sê daar was ’n paar swart poppe, maar hul almal het lang reguit hare gehad, of sintetiese krulle, andersins was hulle kaalkop.

“Die swart pop in Amerika se grootste speelgoedwinkel was as ’n slaaf aangetrek. Sy was ’n voormalige slaaf. Ek het geweier om ’n pop te koop wat nie soos my dogters lyk nie, en wat nie hul goedheid en skoonheid vier nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Sien, my kinders was gebore met ’n kop vol krulle. Waar is daardie pop? Ek het van winkel na winkel gegaan, Kersfees na Kersfees, en het later opgegee en eerder maar vir hulle boeke gekoop,” sê sy.

Tshikuka is baie bekommerd oor die sielkundige impak wat speelgoed en poppe op kinders se selfbeelde het. En toe sy nie ’n ware refleksie van haar kinders in ’n pop kon vind nie, het sy besluit om haar eie te ontwikkel.

My Natural Doll, genaamd Keleshe, het ’n donker vel en 100% onaangeraakde krulhare wat gedraai, gevleg en gewas kan word soos egte etniese-hare. Die pop is beskikbaar by www.runwaycurls.com.

Tshekuka sê hierdie pop is baie meer as net speelgoed-koop.

“Jy koop nie net ’n speelding nie. Jy koop selfliefde vir jou kind en jy verander haar lewe.”

Vir meer inligting oor My Natural doll, gaan na www.runwaycurls.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

48 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

2 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

2 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

3 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.