kategorieë: Ontspanning

Nuwe musiekprogram binnekort op kykNET Nou!

Langs hierdie besondere wasgoedlyne sal jy kunstenaars soos Les Javan, Rian Malan, Bacchus Nel, die rapper van Mitchells Plein Churchil Naudé, Dozi, Lochner de Kock, Andra Cilliers, André van Rensburg, Loit Sôls, Riku Lätti, Francois van Coke, Willim Welsyn, Ryno Velvet, Laurinda Hofmeyr, Piet Botha, Gert Vlok Nel, nog ’n paar Nelle en nog ’n klompie pelle kry. Om die wasgoedlyn word daar musiek gemaak en twak gepraat. Op Die Wasgoedlyn gaan alles gewys word wat die kyker nie verwag om te sien nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is verskeie rare oomblikke soos Piet Botha wat op Lanseria-lughawe sing en amper sy vlug verpas, Liela Groenewald wat in ’n plakkerskamp in Lenasia sing, ’n bymekaarkoms in Mitchells Plain wat in ’n kulturele uitruiltransaksie ontaard, Ryno Velvet en Willim Welsyn saam met Dana Snyman, Laurinda Hofmeyr en C. Johan Bakkes in ’n tabakskuur in die Paarl, Dozi op sy plaas, Francois van Coke wat verstom, en nog veel meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Wasgoedlyn beloof om te wys wat nog nooit voorheen gesien is nie. Die kunstenaars in hul natuurlike omgewing, by hul eie huise, om braaivleisvure saam met vriende, musiek maak, grappies maak en Afrikaans in net soveel meer fasette laat sing en praat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Wasgoedlyn skop af op kykNET Nou! (kanaal 146), op Donderdag 11 Augustus 2016 om 20:30. Daar is herhalings op Vrydae om 18:30, Saterdae om 21:30, Sondae om 17:00, Dinsdae om 16:30 en Woensdae om 12:00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.