Foto: Twitter
Johannesburgse gehore moet gereedmaak vir ’n groot bederf want die wêreldpremière van die nuwe musiekblyspel, Calling Me Home, vind plaas op 17 Augustus op die Mandela-verhoog by die Joburgteater. Dit duur tot 3 September 2017.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Calling Me Home is ’n liefdesverhaal wat handel oor hoop, moed, verlange en deernis waarby elkeen sal aanklank vind. Die storie handel oor Grace, ’n jong vrou wat uit haar geboorteland moet vlug as gevolg van ’n burgeroorlog wat uitbreek. Haar reis neem haar oor die see, tot in ’n groot stad in die vreemde. In hierdie nuwe gemeenskap ervaar Grace groot vreugde én gevaar. Sy raak ook halsoorkop verlief en leer die ware betekenis van “tuiste” ken.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Geskryf deur Alice Gilham en met regie deur Magdalene Minnaar is hierdie ’n gepaste produksie vir vrouemaand want Calling Me Home is die verhaal van drie vroue wat elkeen hul eie krag ontdek. Die hoofrolle word vertolk deur Lynelle Kenned (Grace) wat te siene was as Maria in die onlangse West Side Story-opvoering. Zolani Mahola, voorsanger van Freshlyground vertolk die karakter van Lindiwe. Samantha Peo (Isabella) wat al gespeel het in opvoerings van Cabaret en Thoroughly Modern Milly is die derde hoofkarakter. Ander karakters sluit in Anthony Downing (van Phantom of the Opera-faam) as Rafael, Michael McMeeking (van die onlangse Joseph and the Technicolour Dreamcoat) as Ben, en Musanete Sakupwanya (’n jazz-sanger wat met groepe soos die Charl du Plessis trio optree) as Nelson.
Twee liedjies is reeds vrygestel as ’n voorsmakie. Luister hier daarna:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Calling me Home draai by die Joburgteater van 17 Augustus tot 3 September 2017.
Optredes is as volg:
Dinsdae tot Vrydae: 20h00
Saterdae: 15h00 en 20h00
Sondae: 14h00
Kaartjies kos tussen R180 en R420 en is aanlyn beskikbaar deur Webtickets of by joburgtheatre.com. Die kaartjiekantoor kan ook gebel word op 0861 670 670 vir besprekings. Indien daar bespreek word vir ’n groep van meer as 10 mense, skakel die Joburg-teater se kaartjiekantoor by 011 877 6853/4.
Die opvoering duur ongeveer 2 ure en 20 minute, uitsluitend ’n interval.
Daar is ’n ouderdomsbeperking van 12 as gevolg van die sensitiewe aard van sekere van die tema’s wat behandel word in die blyspel.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.