Die boyfriend jeans, 70’s geïnspireerde uitklokbroeke en meer ontspanne style is oral te sien. Tog is ons dikwels nog huiwerig om die ‘nuwe’ styl te dra, seker omdat daar te veel herinneringe van onvleiende wyepyp broeke uit die verlede is, wat jou meer soos ’n tent laat voel as ’n persoon. Miskien is nuwe-lengte broeke iets vir jou?
Wat is ’n nuwe-lengte broek?
Die nuwe-lengte broek staan bekend as Culottes of die enkel-lengte broek. Die geheim van die nuwe-lengte broek is natuurlik die lengte en jy moet een kies wat spesifiek by jou pas. So tipe broek is die vleiendste wanneer dit op die maerste deel van jou been sny – vir die meeste vroue is dit reg bo jou enkel.
Sodra jy ’n paar gevind het wat vir jou op die regte plek sny, is dit die regte broek vir jou. Jy sal dit met plat skoene of hoëhakke kan dra.
Probeer ’n nuwe-lengte broek met ’n paar enkelstewels. Hierdie is ons gunstelinge!
Of vir ’n informele, sjiek voorkoms, dra dit so: