Drie susters – Julia (Milan Murray), Anna (Rolanda Marais) en Kate (Trix Vivier) – is van kleins af omring deur die romantiese swier en status van hul pa (Dawid Minnaar) se bootbou-onderneming. Hul paaie het reeds jare terug geskei, maar ’n familie-tragedie bring al drie van hulle terug na die plek waar hul jeug en kinderdae afgespeel het – die Waterfront in Kaapstad. Hierdie wêreldberoemde toeriste-aantreklikheid dien as agtergrond vir dié splinternuwe drama wat onder die glansryke oppervlak van die seiljagbedryf duister geheime van die Myburgh-familie ontbloot.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Waterfront, wat vanaf Oktober op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien sal wees, bring ’n gedugte span voor en agter die kameras bymekaar. Die drama is geskep deur Marida Swanepoel en word vervaardig deur Lion’s Head Productions. Leon Kruger het die draaiboek geskryf. Die verfilming begin eersdaags in Kaapstad onder leiding van die veelbekroonde regisseur Jaco Bouwer, onder meer bekend vir die gewilde misdaadreeks Die Boland Moorde en hoog aangeskrewe teaterstukke soos Rooiland en Samsa-Masjien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Myburgh-susters se ma word vertolk deur Joanie Combrink, terwyl Stian Bam en Edwin van der Walt onderskeidelik die eggenoot en seun speel van die middelste suster, wat weens omstandighede moes terugkeer uit Londen met meer as net haar bagasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dinge raak warm wanneer die bankstate nie meer met die luukse leefstyl van die Myburghs klop nie en ’n onverwagse dood ’n draadjie lostorring wat dreig om alles te laat ontrafel.
Ander bekende akteurs wat in Waterfront ’n buiging maak, is Euodia Samson, Paul du Toit, Erica Wessels, Hannes van Wyk, Charlton Lee George, Albert Pretorius, Neels van Jaarsveldt en Tarryn Wyngaard.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Besoek kykNET se webblad vir meer besonderhede.
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.