kategorieë: Ontspanning

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy (Roberto Kyle) kom kuier het. Maar sy het nie alleen besoek kom aflê nie. Sy is hoogswanger met Lee-Roy se kind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei, was Lee-Roy ’n spermskenker vir Anna gedurende sy tyd in Amsterdam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Lee-Roy het sy vriendin gehelp, maar nooit het hy gedink sy sal in die Vlei opdaag nie. Hy het eindelik weer liefde by Devon (Braeden Buys) gevind ná sy egskeiding. So, dié storielyn gaan vir baie karakters op ’n emosionele reis neem.

Anna het nie vir haar man, Erik, vertel dat hy nie hulle kind se biologiese pa is nie. En toe hy die hospitaaldokumente vind, los hy haar netso. Sy het daarna bedank by haar werk en besluit om vir Lee-Roy te kom kuier, want sy het niemand anders nie. Haar ouers is oorlede toe sy nog baie jonk is.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Marissa Claasen (Foto: Verskaf)

Marissa sê Anna is ’n komplekse karakter en haar situasie met betrekking tot haar swangerskap is ewe gekompliseerd.

“Die feit dat haar lewe in ’n oogwink verander het en sy Arendsvlei besoek om hulp, kan manipulerend voorkom. Maar dan besef ’n mens sy is eintlik net bang, onseker en op soek na ondersteuning. Sy is ’n sagte vrou wat altyd opofferinge maak vir ander se geluk, maar dié keer is sy desperaat,” sê Marissa.

“Anna se storielyn raak met die verloop van tyd al hoe meer gekompliseerd en intens en vele ander karakters en verhoudings word daardeur beïnvloed. Kykers kan uitsien na onvoorspelbare intriges, moeilike keuses, bande wat gebou en gebreek word, lag en trane.”

Lees ook: Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 19:30. Die episodes is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Lees ook: Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.