Twee drie jaar-oue leeumannetjies van die Kgalagadi Transfrontier Nasionale Park is hierdie maand in die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes vrygelaat. Niklaas en Witwarm, wat die leeubevolking in die reservaat tot nege laat styg, sal help om inteling te voorkom. Hulle akklimatiseer al van November maar was in ‘n afgekampte deel.
Roofdiere is nodig om die ekologiese balans in die Karoo Nasionale Park te herstel. Herbivoorgetalle word só op ‘n natuurlike manier beheer, wat ‘n sensitiewe ekostelsel soos dié in die Karoo beskerm.
’n Mens wens amper dié twee manne kon praat en vertel hoe hulle die nuwe omgewing en veral die vroulike talent ervaar!