Die Umami was beet-en-bokmelkkaas slaai met fynbos slaaisous.
Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die spyskaart is ’n viering van Suid-Afrikaanse fynbos. Nie net is daar takkies fynbos op elke bord of die potjies fynbos kulinêre sout om jou olyfolie vir jou brood mee te geur nie, maar ook kry elke gas ’n fynbos-geinspireerde drankie met boegoe en ander kruie met hul aankoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die gasheer vir die bekendstellings middagete is die hotel se nuwe bestuurder, Leon Meyer en Giselle Courtney van South African Fynbos was die spesiale gas van die dag.
Leon vertel die Cape Grace Hotel is nou deel van Franse Accor Group, wat van die wêreld se gesogste hotelle insluit en die sesde grootste gasvryheidsmaatskappy in die wêreld, is.
“Ek gaan nie sê dis die maaltyd wat julle vandag gaan geniet, is die beste kos in Kaapstad nie, maar wel die beste mense het dit berei. Maar ons gaan die beste restaurante in Kaapstad opdraende gee in die komende maande,” het hy trots verklaar.
Selfs die brood en fynbos-gegeurde botter voor die maal, was ’n anderster smaak-sensasie. Die witwyne wat saam met die maal bedien is, was die Creation Chardonnay 2022 en Iona Monopole Sauvignon Blanc 2022. Die rooiwyne was die Zevenwacht Cabernet Sauvignon en die Thelma Merlot.
Chesray Assur, die uitvoerende sous sjef van die hotel, het vertel: “Hierdie spyskaart is saamgestel om ons weer terug te neem na dit waarmee ons grootgeword het; om sorgeloos in die veld te hardloop. Almal het al in ’n doringbos geval en ’n ouma of oupa het een of ander plant se sap aangesmeer vir die brand. Ons stories lê in die klein goedjies wat dikwels oorgesien word deur ander.”
Hy sê die spyskaart wentel om klein bordjies waar disse gedeel kan word en samesyn om ’n tafel aangemoedig word.
Giselle het vertel: “Skepe reis al vir eeue hier by die Kaap verby en hierdie fynbos lê onaangeraak. Ons ontgin nou die rykdom van geure en reuke wat al miljoene jare lank hier vir ons wag. Die antieke fynbos en kruie groei steeds op Tafelberg. Sy het uitgelig dat die San geglo het boegoe is die deurgang na die ander wêreld; renosterbos is anti-inflammatories en aan die Kaap gebruik vir die Spaanse Griep.
“Die bekende skrywer en diger, C Louis Leipoldt, wat ook ’n fynproewer was, het 84 jaar gelede verklaar: ‘Ons het so baie sade, plante en bas maar ons kos is so laf!’ en dit terwyl al hierdie wonderlike geure op ons drumpel het.”
Leon het bygevoeg dat die nuwe spyskaart die hotel nou aan die voorpunt van ’n evolusie geplaas het en aan gaste die geleentheid bied om in hierdie wonderlike fynbos-erfenis te deel.
“Dis die begin van ’n reis. Cape Grace gaan die skitterende ster wees in die toekoms.”
Die spyskaart bestaan uit Umami, Suur, Sout, Speseryagtig en Soet. Die Umami was beet-en-bokmelkkaas slaai met fynbos slaaisous; Suur was Kaapse garnaal laksa met heuningbos en safraan aioli; Sout was tunalende met koljander, sojasous, groenmostert mayonaise en bok choy. Die speserydis vir die ete was biltong-gegeurde springboklende met boontjies, mango atchar en ’n tapioca beskuitjie en die Soet was donkersjokoladetert met Amarula roomys en Kalahari gesoute karamel.
Meer inligting oor die spesiale Taste of the veld-spyskaart is by https://www.capegrace.com/category/restaurants-dining te kry en meer oor Giselle se fynbos-ervaring van South African Fynbos, by https://www.southafricanfynbos.com/.
Lees ook: Geroosterde salmslaai
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.