Leading Lady is ’n liefdesverhaal wat op twee kontinente afspeel. Daar word tans gewerk aan die naproduksie-fase van die fliek en dit word binnekort internasionaal vrygestel.
Plaaslike bekendes soos Bok van Blerk en Brümilda van Rensburg deel die skerm met internasionale sterre soos die Ierse aktrise, Katie McGrath (Dracula, Merlin), en die Hollywoodse akteur, Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption).
Waaroor handel Leading Lady?
Dit vertel die verhaal van ’n jong opkomende Britse aktrise, Jodi Rutherford, wat Kobus Willemse, ’n boer van Brandfort, oorreed om haar te help om voor te berei vir die uitdagende rol as ’n Afrikaanse oorlogsheldin in ’n Hollywoodse rolprent. In ruil daarvoor kry sy die geleentheid om die jaarlikse konsert op Willemse se plaas te reël en die regie te behartig. Jodi se interaksie met die bekoorlike dorpie Brandfort en sy inwoners, asook die hardekwas Kobus, leer haar dat daar meer is in die lewe as bloot net Hollywood met sy ligte, kameras en aksie! …Of is daar?
Lees meer hier:
Webblad: www.leadingladymovie.com
Facebook: www.facebook.com/filmleadinglady
Twitter: @filmleadinglady