Drie families op een wynplaas – dis hier waar die poppe gaan dans en die tonge gaan klap in die splinternuwe telenovella Kelders van geheime, wat eersdaags op e.tv, kanaal 104 en DStv se kanaal 194, begin.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Met 7de Laan wat verlede jaar hul deuntjie vir die laaste keer op SABC 2 gefluit het, vul dié oorspronklike Afrikaanse reeks, wat in die Kaapse wynlande geskiet word, ’n leemte vir goeie, ligte vermaak elke weeksaand aan ’n eg Suid-Afrikaanse gehoor.
Dis ’n eerste vir e.tv, Suid-Afrika se grootste onafhanklike en gratis TV-kanaal, wat meestal Engelse kykers bedien het en slegs Afrikaanse oorgeklankte Turkse programme vertoon het. Maar soos Karen Meiring, wie se KFilms die vervaardiger van die reeks is, sê: “Afrikaans is vir almal. Al 54 variante daarvan.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die stemme en gesigte, wat die lede van die Abraham-, Syster- en Marais-families vertolk, sal nie vir kykers volksvreemd wees nie. Vashti Prins en Cedwyn Joel is bekend vir hul rolle in Suidooster. Riana Alfreds, Veronique Jephtas en Dean Balie was in Arendsvlei te sien. David Chevers kom van The Vault af.
En dan is daar natuurlik die ou hande. Met akteurs soos Duane Williams, Vinette Ebrahim, Nic de Jager, Sandra Prinsloo, Illse Roos, Marcel van Heerden en Brümilda van Rensburg kan jy indrukwekkende vertonings wat jare se ervaring weerspieël, verwag.
“Inhoud met ’n doel,” sê Karen Meiring (kykNET se voormalige besturende direkteur ) wat saam met die hoofskrywer Theltom Masimila (Suidooster, Arendsvlei en 7de Laan) gewerk het om die inhoud te vervaardig, “wat nie net gewild is nie, maar ook goed is.”
Daar was nog nooit ’n boerefamilie soos dié nie! Skuif Maandag 6 Mei om 18:00 voor jou kassie in, want jy gaan nie een van die 260 episodes wil misloop nie.
Hooffoto: BeeSteady Productions
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.