kategorieë: Ons menseBekendes

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom, maar die stories is so uiteenlopend soos die mense wat die taal geskep en gevorm het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos Ready D van Die Brasse Vannie Kaap dit stel: “Afrikaans is energie. Afrikaans is kwaai. Afrikaans is Khoi. Hy’s Nederlands. Hy’s Malei. Hy’s mens. Afrikaans is die grond. Afrikaans is die stof, en Afrikaans is deel van wie ons is. Hy gaan nêrens nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET (DStv-kanaal 144) begin, vier en verken al hierdie aspekte in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind – van die smeltkroes aan die Kaap waar drie kontinente ontmoet het tot in die onstuimige hede waar daar ewe veel opgewondenheid as kommer rondom die taal is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om hierdie groot legkaart te bou word die stukke bygevoeg wat in die afgelope paar dekades opgespoor, herontdek of soms vir die eerste keer erken is. Met tye is dit ’n inheemse Griekse tragedie maar dikwels ook ’n storie van koppige hoop, vasbyt, vreugde en vindingrykheid. En vervelig is dit nooit.

Die reeks is deur Bonanza Films vervaardig, wat ook vir gewilde programme soos Elders en Welvaartskeppers verantwoordelik is. Giep van Zyl, nasionale koördineerder van die Afrikaans Amptelik 100-veldtog, is ’n medevervaardiger. Die Safta-bekroonde kinematograaf PJ Kotzé het die reeks geskiet, en die ervare Frankie Opperman is die regisseur.

Elke episode het ’n eie verteller, wat insluit Sandra Prinsloo, Zane Meas, June van Merch, Albert Pretorius, Dean Balie, Frank Opperman, Lee-Ann van Rooi en Tinarie van Wyk Loots.

Young Zinnias Sports Club Maleierkoor
Theuns Eloff
Stef Bos
Neil Sandilands
Max du Preez
Ingrid Jones
HemelBesem Simon Witbooi
Etienne van Heerden
Danie du Toit

Die navorsing en inhoudsregie is deur twee bekroonde joernaliste behartig: Erns Grundling, wat ook ’n medevervaardiger van die reeks is, en die digter Danie Marais.

Twee gesoute taalkundiges, Hein Willemse en Wannie Carstens, het as onafhanklike konsultante opgetree. Carstens se twee lywige volumes, Die storie van Afrikaans, is een van verskeie gesaghebbende bronne wat geraadpleeg is.

Die kunstenaar Jotam Schoeman het treffende geanimeerde sketse van tonele en meer as 50 historiese figure vir die reeks geskep. Christiaan Scheepers (Chasing the Sun, Devilsdorp) en Wilmari van Biljon (Drie dekades se beste Bokke met Rapport) was die redigeerders.

Ander medewerkers sluit die skrywer Kirby van der Merwe en die TV-aanbieder Kabous Meiring in.

“Ek glo dié reeks gaan kykers plek-plek verstom met dinge wat hulle nie geweet het nie, en hulle soms laat sluk aan ’n knop in die keel. Maar daar’s baie humor ook en soveel kleurvolle karakters wat hul ervarings en insigte deel,” sê Danie Marais.

“Een van die dinge wat die reeks wys, is hoe pyn, vooroordele en vrees mense en gemeenskappe vir die nood van ander blind kan maak. Dit is vir my die hartseerste deel van ons taalgeskiedenis, en ek hoop hierdie reeks gaan almal in ons groter taalgemeenskap aanmoedig om mekaar raak te sien.”

Erns Grundling sê dis veral die vele tongvalle van Afrikaans wat in hierdie reeks opklink wat hom opgewonde maak. “Ons het die net wyd gegooi en wyd gereis, van Kaapstad tot in die Noorde, en ook in Nederland en België gaan draai.

“Hierdie mylpaaljaar van Afrikaans se eeu as amptelike landstaal is ’n ideale geleentheid om bestek op te neem en ’n geskiedenis te heroorweeg wat veel verder as ’n 100 jaar strek. Daarom begin ons hierdie boeiende verhaal reeds in 1595. Ons mandaat was nie om enige oplossings aan te bied nie, maar om ook geen omstrede kwessies te verswyg of omseil nie. Ons wou doelbewus ’n eggokamer vermy en ’n kaleidoskopiese beeld van Afrikaans en sy sprekers gee. Wat ook al jy dink of glo, jy sal stemme in dié reeks vind met wie jy heelhartig kan saamstem en verskil.”

Waldimar Pelser, kanaaldirekteur vir premium kanale by MultiChoice, sê dit was vir kykNET noodsaaklik om te besin oor waar Afrikaans vandaan kom. “In Meimaand sal dit 100 jaar wees sedert Afrikaans, met sy ou wortels op meerdere vastelande, amptelike status as taal in die destydse Unie van Suid-Afrika gekry het. Ons wou vir ons kykers ’n ryk tapisserie vertoon van hoe dié taal geweef en geskep is, waar die invloede vandaan gekom het, en wat sy of haar sprekers oor dié pragtige taal sê, waarop so baie Suid-Afrikaners elke dag reken om ’n deel van hul identiteit uit te druk.”

KYK | Die stories van Afrikaans se voorskou

Die stories van Afrikaans première op Sondag 27 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

2 days Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

2 days Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

2 days Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

2 days Gelede

Waardige grondbaron op Groot Phesantekraal gehuldig

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      ‘n Geskiedkundige geleentheid op Groot Phesantekraal buite…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.