kategorieë: Bekendes

Nuwe Country-album vir Elizma Theron

Vertel ons oor jou nuwe album, Boeregirlmet ’n Countryheart.

Net soos Afrikaanse musiek is Country deel van my. Dis ’n genre wat met my hart praat. Country-musiek het my al in goeie tye en in swaarkry tye gedra; dit is eerlik in elke storie wat dit vertel. Maak nie saak waardeur jy gaan nie, die kanse is goed dat daar Country-liedjies is wat spesifiek vir jou situasie geskryf is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarom die album se naam?

Ek is ’n plaasmeisie in murg en been, maar het verlief geraak op die Country-kultuur: cowgirl boots, fringe-baadjies, die musiek … selfs rodeo’s! Toe ek in Amerika was, was dit ononderhandelbaar; ek móés ’n rodeo gaan sien. So die naam is baie gepas en het homself so half gekies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twee jaar het verloop sedert jou vorige album, Stilte en Storms, vrygestel is. Hoe voel dit om weer ’n nuwe album op die rakke te hê?

Dit is altyd opwindend as jy aan ’n nuwe album werk. Dit is soos om swanger te wees; jy wag en sien uit en daar is ook senuwees betrokke en wanneer hy vrygestel word, kan jy nie wag om hom vir die wêreld te wys en dit met hulle te deel nie. Ek droom al baie jare van ’n Country album, dis vanselfsprekend anders as my voriges, maar ek is só dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om ook hierdie deel van my hart en passie met mense te deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingsnit op die album?

Dit is só moeilik om een uit te sonder, want elkeen is daar vir ’n ander rede. Van die snitte laat jou dans, ander laat jou dink en ander wakker die nostalgie in jou aan. Ek is lief vir elkeen vir verskillende redes.

Hoe het Nico jou ondersteun terwyl jy aan dié album gewerk het?

Hy was net so opgewonde, indien nie meer as ek nie. Hy is self baie lief vir Country en het nie geskroom om sy voorstelle vir die album te maak nie. Ons het met ’n kortlys van amper 70 liedjies gesit. Hy ondersteun my nog altyd met oorgawe en gaan na elke vertoning saam met my. Ek is baie dankbaar dat ek ’n man gekry het wat my bedryf aanvaar en verstaan en my aanmoedig om nooit op my drome te keer nie.

Wat was vir jou die lekkerste ervaring terwyl jy aan die album gewerk het?

Net om volkome te kon in-“tap” op daardie gedeelte van my hart en passie in die studio. En om weer saam met Sean Butler te kon werk en te lag en skaaf. Hy het ook ’n passie vir ou, tradisionele Country so ek kon nie vir ’n beter producer op die album vra nie.

Wat, hoop jy, sal jou aanhangers van dié album af wegneem?

Ek hoop dat hulle goed voel nadat hulle die album geluister het en dat diegene wat die liedjies ken, met heimwee aan die goeie ou dae sal terugdink. Ek hoop ook dat die jonger generasie wat dit vir die eerste keer hoor, op goeie Country verlief sal raak. Ek hoop dat dié album ’n lang pad kort sal maak en dat my aanhangers vir die Honky Tonk deel van my lief sal raak.

Wie is jou gunsteling country-sanger?

Die Koningin van Country sal altyd my idol bly: Dolly Parton. As ek dink aan my kennismaking met Country as klein dogtertjie, hoor ek haar stem in my ore. Haar stories, stem en humor het ’n liefde vir dié genre by my gekweek.

Gaan jy met die album toer?

Verseker! En ek kan nie wag om dit na elke stad en kleindogter dorpie toe te bring nie.

Terwyl jy aan hierdie album gewerk het, het jy ook ’n draaiboek geskryf en was jy ook vir jou gesin ’n ma en vrou! Hoe het jy te werk gegaan om te ontspan en tyd vir jouself te maak?

Eenvoudig … ek het nie! Ek is baie gelukkig in die sin dat ek gek is oor wat ek doen. My werk voel nie soos werk nie. Die album was een groot fees om aan te werk.

Die draaiboek vir TOE-VAL-LIG was ’n nuwe droom wat kop uit gesteek het, so dit was só lekker om te skryf en myself weer op ’n ander platform uit te daag. Ons begin in April 2017 skiet en Sean Else behartig die regie waaroor ek kinderlik opgewonde is.

Dan, vrou wees en ma wees is my gunstelingtitel en “werk”. Ja dit is  soms hard en uitputtend, maar daar is niks lekkerder as om net by my man en kinders te wees nie. Hulle hou my koppie elke dag vol.

Is daar toekomstige projekte waaraan jy tans werk?

Die draaiboek vir TOE-VAL-LIG is klaar geskryf en ons is besig met voorbereiding vir die verfilming. Ek is reeds besig met nog ’n draaiboek, maar dis nog baie in die beginstadium. Só hou alles die dag vol …

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

13 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

13 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

14 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

16 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.