Nuwe begin na hartseer

“Die eerste stap is ’n doelbewuste besluit dat dit ’n goeie jaar gaan wees,” sê Stacey Lewis, skrywer van Divorce 101: Survive and Thrive. Sy is ook die stigter van die aanlyn ondersteuningsplatform. “Alles begin met ’n kopskuif. Sodra jy dit gemaak het, kan jy oorgaan tot ’n aksieplan om dié positiewe uit te voer. ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stacey se raad is om ’n lys van die aktiwiteite of stokperdjies saam te stel wat jy geniet. Vra jouself af: “Wat maak my gelukkig?” Kies aktiwiteite wat jou siel voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoewel Kersfees en Nuwejaar moeilik is as jy alleen is, kan dit ook ’n tyd van selfondersoek wees en om te ontdek wie jy is en wat jy wil hê. Elke ervaring kan ’n geleentheid wees om te leer, te groei en om vorentoe te beweeg, maak nie saak hoe hartseer of moeilik dit mag wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit gaan alles oor jou ingesteldheid en hoe jy oor jou jou ervarings dink,” verduidelik Stacey.

“Jy kan kies om ’n slagoffer te wees, of jy kan kies om jouself te red en ’n nuwe pad vorentoe te neem.”

Aanvaarding

Voor jy oor kan begin, moet jy aanvaar wat gebeur het en skei of die verhouding beëindig. Of jy moet aanvaar dat die ander persoon die verhouding beëindig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die eerste geheim is om die beeld te laat gaan van hoe jy gedink het jou lewe saam met die persoon sou wees. Dit gee jou ruimte vir vernuwing,” sê sy.

Dit is belangrik om geduldig te wees met jouself. Verandering neem tyd. Soos die spreekwoord lui: “’n Reis van ’n duisend myl begin met ’n enkele tree.” Die geheim is om seker te maak jy neem elke dag ten minste een klein treetjie. Doen elke dag iets klein wat sal bydra tot die skep van ’n nuwe en beter lewe. Dit kan enigiets wees. Gaan stap of begin ’n nuwe stokperdjie. Enigiets wat jou laat glimlag.

Verwerking en genesing

Dit is baie belangrik om jou gevoelens te voel – of dit nou woede, hartseer of enige ander emosie is. “Ervaar jou gevoelens en erken hulle. Veral in die vroeë stadium,” is Stacey se raad. Maak ’n bewuste keuse om aan te beweeg uit die pyn en onrus.

“Hierdie proses verg energie en toewyding – genesing van egskeiding of die beëindiging van ’n verhouding is nie bloot ’n kwessie van “dit sal ook verbygaan “of” tyd sal genees” nie. Voor so ’n trauma ’n katalisator vir ’n nuwe begin kan wees, is dit nodig om ’n aktiewe deelnemer te wees tot die skep van ’n nuwe lewe.

Koester jouself in vyf stappe

  1. Wees goed vir jouself en erken dat jy menslik is.
  2. Eet ’n gebalanseerde dieet.
  3. Maak seker dat jy genoeg slaap.
  4. Onthou om jouself te genees voor jy iets vir ander kan beteken.
  5. Wees geduldig – onthou verandering neem tyd.

Vrees om op jou eie te wees

’n Egskeiding is ’n baie eensame tyd. Dit is normaal om alleen te voel. Baie mense vrees hierdie eensaamheid. Maak seker jou program is propvol aktiwiteite. As jy lank deel van ’n paartjie was, kan die vrees om alleen te wees absoluut verlammend wees.

Dit is waar, maar enigiets in die lewe kan in ’n hartklop verander. Mense word siek, sterf, verlaat mekaar. Die enigste manier om aan te gaan, is om hierdie vrees in die gesig te staar. Dit is ’n geleentheid om voor te begin en jouself die tyd om na binne te kyk en vernuwing omhels.

5 nuwe gewoontes

  1. Hou ’n dankbaarheidsjoernaal – vind elke dag vyf dinge om voor dankbaar te wees.
  2. Pak elke dag iets wat jou gelukkig sal maak.
  3. Herinner jouself gereeld dat jy goed genoeg is en dat jy in staat is om weer liefde te vind.
  4. Oefen ten minste drie keer per week. Dit skei goedvoel-hormone af en gee jou energie vir vernuwing.
  5. Kyk die lewe vierkant in die oë en kry beheer oor jou gedagtes en gesindheid. Erken die vordering wat jy maak.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.