kategorieë: Ons menseBekendes

Nuwe aanbieder vir Ontbytsake

Sy is van vandag af saam met Dawie Roodt, Leon Gropp en Corli Prinsloo in die ateljee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek sien uit na die opwinding,” sê Charlene. “Dit gaan lekker wees om in ’n span te werk en elke week ’n verskeidenheid mense te ontmoet wat hul passies uitleef, ondernemings bou en werk vir ander skep. Ek sien ook uit om ons ryke skat van kunstenaars te leer ken, want soos ons almal weet: Afrikaanse musiek en kultuur ontplof!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy glo haar nuuskierigheid is een van die dinge wat sy na die Ontbytsake-tafel bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek stel belang in mense. My beste tye voor die kamera was wanneer ek gaste kon ondersteun om hulle plek in die son te vind. Ek sien uit daarna om oor mense se suksesse en belewenisse te gesels.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Charlene (voorheen Truter) se wortels lê in die Boland waar sy in die Paarl gematrikuleer het en ’n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.

Haar medialoopbaan het as joernalis by SARIE begin en sy was later subredakteur by Die Burger in Kaapstad. Charlene het ook as vryskutskrywer en vertaler vir verskeie publikasies gewerk.

In 2003 het sy as veldaanbieder by die SABC-joernaalprogram Pasella begin werk, wat haar die geleentheid gegee het om die land plat te reis. “Daar is min kerke of stadspleine in die land waar ek nié voor ’n kamera was nie,” sê sy.

Charlene het ook lesse in klassieke sang by die Konservatorium op Stellenbosch geneem. Haar eerste verhoogoptrede, saam met Jannie du Toit en Christa Steyn, was in Nagkantoor wat oor die lewe van Koos du Plessis gegaan het.

In 2013 het Charlene, ná die geboorte van haar eerste kind, begin met ’n kort radioprogram op RSG, Brabbeltyd, wat gehandel het oor baba- en kleuterdinge. Sy het later ook nuus gelees en deel van die RSG-span op ’n Sondagoggend geword.

Charlene is sedert 2013 die hoof van die afdeling vir volhoubaarheid by Momentum Metropolitan en woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Melina Lewis – oor haar nuwe boek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.