kategorieë: Ontspanning

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is die vyfde lid van dié eksklusiewe reeks, wat die afgelope vyf jaar vrygestel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Mentors-reeks is in 2006 gestig en het sonder uitsondering vinnig een van Suid-Afrika se geliefste wynreekse geword. Die deurlopende kwaliteit daarvan kom uit die fokus op die vervaardiging van beperkte uitgawe-wyne uit ‘n kelder wat toegewy is aan eksperimentering en innovasie. Dis die kwaliteit waarvoor KWV wat in 1918 gestig is, bekendheid verwerf het.

Die idee van ‘n beperkte uitgawe-wyne, is uit The Mentors-kelder se begeerte om unieke wyne ten toon te stel, gebore. Die wyne word aan die hoogste wynmaak-standaarde onderwerp en bestaan uitsluitlik uit enkel-variëteite uitdrukkings, wat wynliefhebbers die geleentheid bied om die kelder se eksperimentele reis deur verskillende terroirs in uitsonderlike wyne te proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

KWV se vlagskip-wynreeks, The Mentors, het pas ‘n nuweling in die reeks beperkte hoeveelhede wyn vrygestel. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is die vyfde lid van dié eksklusiewe reeks, wat die afgelope vyf jaar vrygestel word.
“Tempranillo is ’n diverse variëteit en word meestal in versnitte saam met Shiraz gebruik, maar in Spanje en veral Rioja, speel dit ’n integrale rol in wynmaak.”

The Limited Edition Tempranillo 2021 volg op vroeëre vrystellings van The Mentors Carménère 2017, Petite Sirah 2018, Malbec 2019 en Nebbiolo 2017, wat almal soos soetkoek verkoop het en vinnig lof ingepalm het vir hul suiwer uitdrukking van elke druifvariëtiet. Dit is die tweede wyn wat met die nuwe etikette spog. Die etikette is verlede jaar bekendgestel om die reeks se super-premium status te beklemtoon.

Daar was ‘n paar bekendstellings van dié pragwyn en ons was bevoorreg om een van die middagetes by Upper Union Restaurant in Kaapstad by te woon. Gaste is verwelkom met die KWV The Mentors Chenin Blanc.

Die bekendstelling is by Upper Union Restaurant in Kaapstad gehou.

Die mooi Upper Union Restaurant was net die regte agtergrond vir die lekker middag en goeie wyne.

Die hele reeks is toe vooraf saam met die bekroonde The Mentors-wynmaker, Izele van Blerk, geproe. Daarna is gaste in die hande van die restaurant se sjef, Amori Burger, gelaat. Izele het gesê die hele idee agter die beperkte hoeveelheid wynreeks, is dat elke wyn ‘n storie moet hê. Dit moet wynliefhebbers ook opvoed oor die vesrskillende wynmaak-tegnieke en unieke terroir en wat dit na die druif – en uiteindelik die wyn – bring.

Izele het met die proe vertel dat sy en Tanya Blokdyk, handelsmerkbestuurder van The Mentors, al vir sewe jaar saamwerk. Izele maak die wyn en dan moet Tanya bontstaan om die verlangde etikette en nuwe enkel-variëteite deur die besluitnemers goedgekeur te kry!

Die bekroonde The Mentors-wynmaker, Izele van Blerk.
Die hele reeks is toe vooraf saam met die bekroonde The Mentors-wynmaker, Izele van Blerk, geproe. Daarna is gaste in die hande van die restaurant se sjef, Amori Burger, gelaat.

Izele het ook vertel dat daar 21 verskillende wyne in die The Mentors-reeks was, maar die afgelope paar jaar is dit verminder tot agt permanent en een opwindende nuweling. Daar was beter fokus nodig en die publiek het positief reageer: die wyne verkoop baie vinnig uit.

“Dit het ons vyf jaar geneem om mense in ons opwinding oor die beperkte hoeveelhede te laat deel.”

En elkeen van die wyne in die reeks kom uit piepklein wingerdblokke, van sommig is daar minder as sewe hektaar in die hele land geplant, soos die Carménère – ’n Chileense variëteit wat vir jare as Merlot verwar is.

Izele het vertel dat sy nog nooit die voorreg gehad het om al vyf wyne met een proe te geniet nie en dat sy nuuskierig was om hul verouderingspotensiaal te sien.

Izele het aan gaste vertel dat haar wynmaakfilosofie eenvoudig is en op drie pilare rus: Die plukdatum van die druiwe; die bestuur van die pH en suur; en goeie vat-keuses.

“Ons het sulke ongelooflike wyne in ons land, dat ons soveel meer enkel-variëteite kan bottel. Ons is divers in kultuur, maar ook terroir en klimaat. Ons moet dit van die bergpieke af uitskree.”

Die Tempranillo kom uit ‘n klein wingerd in die Wellingvallei, wat spesifieke vir dié wyn gekies is. Slegs 1000 liter van hierdie wyn is gemaak.

“Ek werk al meer as 15 jaar met die Limited Edition-blokke en het elkeen intiem leer ken,” sê Izele van Blerk. “Die nuwe Tempranillo se druiwe skree al ‘n geruime tyd om aandag. Toe die vrugte van die 2021-oesjaar in die kelder ingekom het, het ek geweet dis tyd vir dié druiwe om hul slag te wys.

“Dit moes net in die Limited Edition-reeks ingesluit word,” sê sy.

Die Tempranillo 2021 het ‘n volronde wyn na vore gekom, wat begin met ‘n ontploffing aarbeie, rooi kersies, frambose en sweempies tabak op die neus. Op die tong is daar ondertone van naeltjies, gedroogde vye en leer, ondersteun deur ‘n ferm tanniene en goeie suur.

“Hierdie wyn voldoen uit die aard van die saak aan ons filosofie om die diversiteit van die terroir te vereer,” sê Izele.

“Tempranillo is ’n diverse variëteit en word meestal in versnitte saam met Shiraz gebruik, maar in Spanje en veral Rioja, speel dit ’n integrale rol in wynmaak.”

The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is landswyd by uitgesoekte handelaars en by die KWV Wine Emporium in die Paarl teen R799/bottel beskikbaar.

Die nuwe Tempranillo 2021 sal goed verouder en met sy klassieke verpakking is dit ‘n deftige geskenk.

Gaste by die middagete kon smul aan die restaurant se gewilde brood-mandjie met verskillende gegeurde botter, wat saam met die KWV The Mentors Grenache Blanc bedien is; toe eendlewer mousse met hoendervel en soetpatat-brood met die KWV The Mentors Orchestra; voor die hoofgereg van Picanha, chimichuri en ‘n verskeidenheid groente met die KWV The Mentors Canvas bedien is en nagereg van Manjari Cremeux met kakao vlokkies en framboos wat met die KWV The Mentors Perold bedien is.

Lees ook: Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.