Hoener Met Die Rooi Skoene is ’n riller-komedie wat handel oor ’n onverklaarbare moord, wat verkillende kinkels en raaisels vir die kyker inhou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Kaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), word die ondersoekbeampte van ’n ongewone moordtoneel met die lyk wat spoorloos verdwyn. Hy bevind homself te midde van die chaos en verwarring van meer as een moord en ’n situasie wat die grootste uitdaging van sy loopbaan en lewe blyk te wees. Dié lyk van die vermoorde kom dan weer te voorskyn, maar is dan nie meer ’n lyk nie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Venter sê die film is uniek, as gevolg van sy genre.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Dit is ’n regte “whodunnit”, soos Columbo of Murder She Wrote, maar met ’n paar wulpse moderne kinkels.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Behalwe Venter, sorg Lizz Meiring, Deon Lotz, Dorette Potgieter, Lida Botha, André Weideman, Geon Nel en Laré Brink vir die rillervermaak.
Venter sê die beste oomblikke gedurende die skiet van die fliek was om saam met Koos Roets en die room van Suid-Afrikaanse akteurs te werk.
“In een toneel was ek saam met Lida Botha, Deon Lotz, Dorette Potgieter, Lare Birk en Andre Weideman, almal op dieselfde oomblik!”
“Die slegste oomblik was seker toe ek in ’n kas moes wegkruip vir ’n toneel. Die rak bo my het ineengestort en ses bottels wyn en agt wynglase het op my afgereën!”
Kyk hier na ’n eksklusiewe agter-die-skerms geselsie met Louw Venter:
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Hierdie webwerf gebruik koekies.