- Om speserye te rooster, verbeter die smaak en aroma. Verhit ’n groot pan oor matige hitte en braai die speserye vir 2-5 min. tot ligbruin en geurig.
- Speserye kan vinnig hul kleur, smaak en aroma verloor. Om die meeste geur te behou, moet speserye in ’n droë, koel plek, weg van direkte lig, hitte en klammigheid gestoor word.
- Rooi speserye, soos brandrissiepoeier, cayennepeper en paprika moet liefs in die yskas gehou word sodat hulle nie hul kleur en geur verloor nie.
- Die raklewe van speserye verskil en alle speserye verouder, maak nie saak hoe goed dit gestoor word nie. Die meeste speserye moet binne 6-12 maande vervang word.
- Sit heel speserye in ’n moeseliendoek om dit aan die einde van die kookproses maklik uit te haal.
- Heel speserye kan in ’n koffiemeul, klein voedselverwerker of stamper en vysel gemaal word. Om die koffiemeul skoon te maak, kan jy ’n bietjie rou rys of suiker vir ’n paar sekondes daarin maal.
Die 5 basiese geure van speserye
1 Soet: wonderpeper, kaneel, kassia, neutmuskaat en vanielje.
2 Bitsig: karwysaad, naeltjies, komyn, gemmer, jenewerbessie, liquorice en steranys.
3 Pikant: sumak en tamaryn
4 Skerp/warm/brand: brandrissie, mosterd en peper.
5 Speserye wat ander smake saamvoeg: koljander, vinkelsaad, soet paprika, papawersaad, sesamsaad en borrie. Dié speserye is dikwels die ruggraat van ’n speserymengsel, hoewel hul geure nie sterk na vore kom nie.