kategorieë: KersfeesKos

Nostalgiese hoenderpastei

Ma Inez se hoenderpastei

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 1 heel hoender
• 5 naeltjies
• 3 wonderpeperkorrels (all-spice)
• 5 koljanderkorrels
• 5 peperkorrels
• 3 lourierblare
• knypie sout
• 30 ml (2 e) bruinasyn
• 1 groot ui, ruweg gekap
• 2 wortels, geskil en ruweg gekap
• 500 ml (2 k) water
• 30 ml (2 e) botter
• 30 ml (2 e) koekmeel
• 2 pakke (400 g elk) skilferkorsdeeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Sit die hoender in ’n groot kastrol. Voeg die speserye en lourierblare by en geur met sout. Gooi die asyn, ui, wortels en water by.
2 Laat die hoender saggies kook, jy moet skaars kan hoor hy prut. Die hoender kondig aan wanneer hy reg is vir pluis – dis wanneer die vleis vanself van die bene begin afval, ná so ’n uur, selfs meer. Pluis versigtig, karkasstukkies en beentjies een kant en die pluisvleise in ’n ander bak. Kyk baie goed vir klein beentjies en die naeltjies.
3 Gooi die aftreksel in die kastrol deur ’n sif om die korrels speserye uit te vis. Red gerus die uie en wortelstukkies en sit by die fyn hoender. Van die aftreksel maak jy ’n soort-van-witsous.
4 Smelt die botter in die kastrol. Gooi die meel by en roer tot glad. Voeg 1½ k van die hoenderaftreksel by. Kook dit deur vir 3 min. Voeg dit by die hoender.
5 Rol die deeg ’n paar sentimeter groter as die bak uit en voer die bak daarmee uit. Sny ’n ekstra strook deeg en plaas om die buiterand – verf die onderkant met ’n bietjie koue water sodat dit vassit. Skep die hoendervulsel in en bedek met ’n bolaag deeg.
6 Hoe jy die rand en bokant versier, is jou kans om jou eie handtekening op die pastei te sit. Ouma het deegblaartjies, madeliefie-patrone en rankstingeltjies uitgesny.
7 Prik die deeg liggies sodat die stoom kan ontsnap en verf met eierwas (1 eier opgeklits met 1 e water).
8 Bak vir 15 minute by 200 °C vir die deeg se onthalwe en draai dan laer na 180 °C vir nog 20 minute tot deurgebak en goudbruin. ’n Bleek hoenderpastei is ’n rou hoenderpastei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– Soos vertel deur Errieda du Toit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.