Noodgeval: Wanneer moet ek my siek troeteldier veearts toe haas? deur Ilse Salzwedel
Wanneer moet jy sorg dat jou troeteldier by die dokter uitkom?
En is daar enige mens-medisyne wat jy met veiligheid vir jou troeteldier kan gee?
Hoe gemaak met slangbyte, gif en bysteke?
En wat kan jy by die huis of op pad doen om jou troeteldier se kans op oorlewing te vergroot?
Didi verduidelik ook die lewensbelangrike verskil tussen melkkoors en mastititis by teefhonde wat kort tevore ‘n werpsel kleintjies gehad het.
Luister nou na ons gesprek met Dr. Didi Claassen, ’n veearts en veterinêre patoloog van Pretoria. Klik op die pienk speelknoppie – dis gratis en jy kan enige tyd luister.